Proverbs 18NLV

1’n Mens wat hom eenkant hou, lewe net vir homself. Hy het ’n afkeer aan gesonde oordeel.

2’n Dwaas het geen erg aan insig nie. Hy stel net daarin belang om sy eie opinie bekend te maak.

3Waar goddeloosheid sy voet by die deur inkry, kom minagting daarmee saam. Saam met die belediging kom ook die skande.

4’n Man se woorde kan diep waters wees, ’n borrelende fontein waaruit wysheid vloei.

5Dit is verkeerd vir ’n regter om partydig te wees vir die skuldige, deur teen die onskuldige uitspraak te lewer.

6’n Dwase mens praat hom alewig in ’n rusie in; hy soek vir ’n pak slae met wat hy sê.

7’n Dwaas se mond is sy ondergang. Met sy woorde stel hy vir homself ’n noodlottige strik.

8Skinderstories is so soet soos lekkernye, dit sink tot diep in jou gemoed.

9Iemand wat lui is in sy werk, is die tweelingbroer van die verwoester.

10Die Naam van die Here is soos ’n veilige fort. Die regverdige gaan skuil daar en word beskerm.

11Die ryk man beskou sy rykdom as ’n ondeurdringbare vesting. In sy verbeelding is dit ’n hoë muur waaragter hy beskerm word.

12Op selfverheffing volg ineenstorting. Op nederigheid volg eer.

13Iemand wat ’n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas. Skande wag vir hom.

14Innerlike sterkte dra ’n mens deur sy liggaamlike siekte. Hoe kan iemand egter uithou as hy moed verloor het?

15’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis.

16’n Geskenk maak ander se harte oop vir jou. Dit maak belangrike mense toeganklik vir jou.

17Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit.

18Rusies kan besleg word deur die lot te werp. Dit kan beslissings vel tussen twee sterk teenstanders.

19’n Verontregte broer is meer ontoeganklik as ’n gewapende stad; ’n rusie is soos die balk wat deure toesluit.

20Deur die regte woorde te gebruik kan ’n mens sy honger stil. Hy kan genoeg kry om te eet met wat hy sê.

21Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.

22Iemand wat ’n goeie vrou kry, het geluk gevind. Hy geniet die goedheid van die Here.

23’n Arm mens vra mooi. ’n Ryk mens gee kortaf antwoorde.

24Vriende kan mekaar verwoes. Daar kan ook ’n vriend wees wat nader aan jou is as jou eie broer.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 18.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.