Proverbs 19NLV

1Dit is beter om arm en eerlik te lewe as om met leuens te lewe en ’n dwaas te wees.

2Geesdrif sonder kennis help niks. Oorhaastigheid stuur jou in die verkeerde koers.

3’n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.

4Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm mens het geen vriende nie.

5’n Vals getuie bly nie sonder straf nie. ’n Leuenaar sal die oordeel nie vryspring nie.

6Almal probeer om gewild te wees by ’n belangrike man. Almal is vriende met die man wat geskenke uitdeel.

7As ’n arm man se broers niks met hom te doen wil hê nie, hoeveel te meer sal sy naaste hulle nie aan hom steur nie? Hy smeek verniet by hulle. Hulle is weg.

8Iemand wat vir homself omgee, kry wysheid in die hande. Iemand wat insig vashou, geniet voorspoed.

9’n Vals getuie kom nie vry nie. Iemand wat leuens rondstrooi, gaan tot niet.

10Weelde pas nie by ’n dwaas nie. ’n Slaaf behoort nog minder te regeer oor belangrike mense.

11’n Verstandige mens hou sy humeur in bedwang. Hy stel sy eer daarin om ander se oortredings oor te sien.

12As ’n koning kwaad word, is dit soos ’n leeu wat brul. Sy goeie gesindheid is soos dou op die gras.

13’n Dwase seun is ’n ramp vir sy pa. ’n Vrou wat bly neul, is soos water wat van die dak af drup.

14Van sy pa kan iemand ’n huis of rykdom erf, ’n verstandige vrou kry jy net by die Here.

15Luiheid laat jou diep slaap. ’n Lui mens ly honger.

16Iemand wat vashou aan die gebod van die Here, sal sy lewe behou. Iemand wat dit verag, gaan dood.

17Om na ’n arm mens om te sien, is ’n lening aan die Here. Hy sal jou daarvoor vergoed.

18Voed jou seun streng op, dan is daar ’n toekoms. Moenie jou te buite gaan en hom skade aandoen nie.

19’n Humeurige mens betaal self die prys daarvoor. As jy hom eers een keer oorsien, moet jy dit elke keer herhaal.

20Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê.

21’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het.

22’n Mens se lojaliteit is prysenswaardig. Dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.

23Iemand wat respek het vir die Here se lewe is veilig. Hy kan rustig slaap. Geen ramp sal hom tref nie.

24’n Luiaard steek sy hand in die skottel, maar hy is te lui om dit na sy mond te bring.

25As jy iemand wat spot, bestraf, leer jy dié wat nog onervare is. Wanneer jy ’n verstandige teregwys, word hy nog verstandiger.

26’n Seun wat sy pa aanrand en sy ma uit die huis jaag, is ’n veragtelike en skandelike mens.

27My kind, wanneer jy ophou om te luister na teregwysing, draai jy jou rug op verstandige raad.

28’n Nuttelose getuie maak van ’n hofsaak ’n bespotting. Goddelose mense verorber kwaad.

29Straf is opgeskryf vir mense wat ander belaglik maak, en slae wag vir die dwase.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 19.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.