Proverbs 17NLV

1Dit is beter om in vrede droë brood te eet as om by ’n fees te sit in ’n huis waar daar gestry word.

2’n Verstandige slaaf kan heers oor ’n seun wat skande maak. Hy sal saam met die broers hulle pa se goed erf.

3Silwer word in vuur gesuiwer en goud in ’n oond. Maar die Here toets die hart van ’n mens.

4Moeilikheidmakers luister graag na kwaadwillige woorde. Leuenaars gee aandag aan bedrieglike idees.

5Iemand wat ’n arm mens spot, beledig sy Maker. Iemand wat lekker kry oor ’n ander se ongeluk, sal self nie daarvan vrykom nie.

6Kleinkinders is vir grootouers soos ’n koning se kroon. Pa’s is vir hulle seuns ’n trots.

7Welsprekendheid pas nie by ’n dwaas nie. Nog minder pas leuens by ’n man van aansien.

8Omkoopgeskenke sluit deure oop vir dié wat dit gee, dit maak hom suksesvol oral waar hy gaan.

9Iemand wat stilbly oor onreg teenoor hom, bevorder liefde tussen mense. Om gedurig daaroor te praat, dryf vriende uitmekaar.

10Een teregwysing bereik meer by ’n verstandige mens as 100 houe oor die rug van ’n dwaas.

11Hulle wat daarop uit is om kwaad te doen, veroorsaak rebellie. Hulle sal genadeloos gestraf word.

12Dis beter om ’n beer teë te kom wat van kleintjies beroof is, as om ’n dwaas met sy sotheid te konfronteer.

13As jy goed met kwaad vergeld, sal kwaad nooit uit jou huis verdwyn nie.

14Om rusie aan die gang te sit, is soos om ’n sluis oop te trek. Staak liewer die stryery voor die vloed jou tref.

15Die Here verafsku twee dinge: iemand wat die skuldige onskuldig verklaar; en iemand wat onskuldige mense skuldig verklaar.

16Dit het geen nut om vir ’n dwaas geld te gee om wysheid te koop nie. Hy het geen behoefte aan wysheid nie.

17Op ’n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is.

18Iemand wat borg staan, het nie verstand nie. Net só ’n persoon sal instaan vir die skuld van sy naaste.

19Iemand wat bakleierig is, hou van sonde. Iemand wat arrogant is, soek sy eie ondergang.

20’n Huigelagtige mens sal nie voorspoed hê nie. Hy wat die waarheid verdraai, stort homself in die ongeluk.

21Die pa van ’n dwaas ervaar baie hartseer. Daar is geen vreugde vir ’n pa as sy seun ’n dwaas is nie.

22’n Vrolike mens is soos goeie medisyne. ’n Neerslagtige mens tap jou krag.

23’n Goddelose mens aanvaar omkoopgeskenke en verdraai so die reg.

24’n Verstandige mens hou wysheid goed in die oog. ’n Dwase mens se gedagtes dwaal doelloos rond.

25’n Onverstandige seun is vir sy pa ’n ergernis. Vir sy ma is hy ’n bitter verdriet.

26Dis verkeerd om ’n onskuldige ’n boete op te lê, of om ’n persoon van aansien te straf omdat hy eerlik is.

27Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm.

28Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 17.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.