Proverbs 13NLV

1’n Wyse seun laat sy pa toe om hom reg te help. Een wat met alles spot, steur hom nie eens aan dreigemente nie.

2Wat ’n mens sê, kan goeie dinge vir jou bring. Hulle wat afvallig is, soek net na geweld.

3Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe. ’n Eindelose gepratery kan alles ruïneer.

4Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer.

5Regverdige mense haat leuens. Goddelose mense bring skade en skande oor hulleself.

6Geregtigheid bewaar dié wat onberispelik lewe. Goddeloosheid vernietig die sondaar.

7Sommige mense gee voor hulle is ryk, maar hulle het eintlik niks nie. Ander maak of hulle arm is, maar intussen besit hulle baie.

8Die ryk man het geld om homself mee los te koop. Die arm man kan nooit afgedreig word nie.

9Die lewe van die regverdiges is vol vreugde. Die lewenslig van goddeloses word uitgedoof.

10Selfvoldaanheid lei altyd tot rusies. Hulle wat na ander luister, het wysheid.

11Rykdom wat maklik kom, verdwyn net so maklik. Wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, het naderhand baie.

12Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ’n Begeerte wat vervul word, is soos ’n boom wat lewe gee.

13Hy wat hom nie steur aan raad nie, soek na moeilikheid. Hy wat hom aan die reëls steur, sal die goeie vrugte daarvan pluk.

14Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood.

15Mense het respek vir iemand wat goeie insig het. ’n Onbetroubare mens loop ’n pad van vernietiging.

16’n Verstandige mens dink voor hy iets doen. Dwase mense verkondig hulle dwaasheid aan die wêreld.

17’n Onbetroubare boodskapper kry moeilikheid. ’n Gesant wat jy kan vertrou, bring voorspoed.

18Hy wat hom nie wil laat reghelp nie, beland in armoede en vernedering. Hy wat ’n teregwysing ter harte neem, ontvang eer.

19Begeertes wat vervul word, bring vreugde; dwase mense het ’n afkeer daaraan om kwaad te vermy.

20Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle.

21Teëspoed lê op die hakke van die sondaars. Die regverdiges word met voorspoed beloon.

22’n Goeie mens laat iets na vir kleinkinders. ’n Sondaar se besittings beland by die regverdiges.

23Wanneer armes se grond bewerk is, gee dit genoeg kos vir hulle; maar deur onreg word die kos van hulle af weggevat.

24Hy wat sy seun nie dissipline leer nie, het hom nie regtig lief nie. As hy hom liefhet, sal hy hom dissiplineer.

25Die regverdige mens het oorgenoeg om te eet. Goddelose mense bly altyd honger.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 13.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.