Proverbs 12NLV

1Iemand wat bereid is om reggehelp te word, leer graag. Dit is dom as iemand hom nie wil laat teregwys nie.

2Die Here hou van ’n mens wat goeddoen. Hy het nie tyd vir ’n slinkse mens nie.

3Iemand wat verkeerd lewe, het nie vastigheid nie. Iemand wat regverdig lewe, is stewig geanker.

4’n Goeie vrou is haar man se trots. Een wat skande maak, is soos kanker in sy bene.

5Die planne van die regverdiges is reg. Die raad van goddeloses is vol bedrog.

6Wat goddelose mense sê, is ’n lokval vir ander. Opregte mense se woorde red hulleself.

7Goddeloses kom tot ’n val en dit is verby met hulle. Die nageslag van regverdiges bly voortbestaan.

8Mense bewonder iemand wat verstandige dinge sê. Hulle verag iemand wat verdraaide idees het.

9Dit is beter om onbelangrik te wees en ’n slaaf te hê, as om vol van jouself te wees en nie eers kos te hê om te eet nie.

10Die regverdige gee om vir sy diere, maar ’n goddelose mens is altyd baie wreed met hulle.

11Wie sy grond bewerk, het volop om te eet. Wie met nuttelose dinge besig is, het nie verstand nie.

12Die goddelose soek veiligheid in verkeerde dade. Die regverdiges is goed gevestig.

13’n Slegte mens se woorde is ’n strik vir homself. Iemand wat reg lewe, ontduik moeilikheid.

14Met jou woorde kan jy baie goeie dinge kry. Die werk van hulle hande gee hulle ook baie voorregte.

15Vir ’n dwaas is net sy eie pad die regte een. Iemand wat wys is, luister na ander se raad.

16’n Dwaas is opvlieënd; ’n verstandige persoon bly kalm wanneer hy beledig word.

17Die regverdige mens getuig die waarheid; ’n getuie wat lieg, pleeg bedrog.

18Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ’n Wyse mens se woorde bring eerder genesing.

19Die waarheid hou vir altyd; die leuen kom gou aan die lig.

20Daar is bedrog in die harte van hulle wat kwaad bedink. Daar is vreugde in die harte van hulle wat vrede beplan.

21Die regverdige spring probleme vry. Die goddeloses se lewe is vol rampe.

22Die Here verafsku mense wat hulle woord breek. Hy hou van mense wat by hulle woord staan.

23’n Verstandige mens bly stil oor sy kennis. Dwase basuin hulle onkunde uit.

24Dié wat pligsgetrou werk, word leiers; lui mense word slawe.

25Bekommernis rem ’n mens af; bemoedigende woorde maak hom bly.

26Die regverdige kyk mooi waar hy loop; maar die pad van goddeloses is ’n dwaalweg.

27Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel.

28Die pad van die regverdige loop na die lewe; dit is nie ’n pad wat na die dood toe lei nie.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.