Nahum 2NLV

1Vyandelike leërs omsingel jou, Nineve! Beman julle wagposte! Hou die paaie dop! Wees slaggereed! Versterk jou met alle mag!

2Die land Israel lê kaal geplunder, verwoes ná julle invalle. Maar die Here sal weer die eer en roem van Israel herstel.

3Die geveg teen Nineve begin. Die son blits rooi op die skilde. Helderrooi is hulle uniforms. Die son blink op die strydwaens gereed vir die geveg, en spiese word rondgeswaai.

4Die strydwaens jaag roekeloos deur die strate en oor die pleine. Hulle flikker soos fakkels, en blits verby soos weerlig.

5Die koning beveel sy offisiere, maar hulle struikel in hulle haas. Hulle jaag na die stadsmure om verdedigingslinies op te stel.

6Te laat, die riviersluise is reeds oop! Die paleis stort weerloos inmekaar!

7Nineve se ballingskap is seker, en die diensmeisies treur daaroor. Hulle kla soos duiwe wat koer, en gebroke slaan hulle op hulle bors.

8Nineve is soos ’n lekkende opgaardam, die inwoners verdwyn daaruit! “Staan stil! Staan stil!” word hulle beveel, maar niemand draai om nie.

9Steel die silwer, buit die goud! Daar is net nie ’n einde aan Nineve se skatte nie! Daar is oneindig baie kosbare voorwerpe!

10Die stad is leeggedra, kaalgestroop en verwoes. Harte smelt en knieë knak, hulle bene bewe, en almal se gesigte is bleek.

11Waar is die lêplek van die leeus, die voerplek van die welpies? Waar is Nineve, die leeu van die nasies, wie se wyfie en welpies kon loop en sonder vrees gelewe het?

12Jy het jou vyande verskeur om jou welpies en wyfie te voed. Jou stede en huise was vol met buit, jou rusplekke gevul met roof.

13Die Here, die Almagtige, sê: “Ek is jou vyand! Ek sal jou strydwaens in rook en vlamme laat opgaan. Die swaard sal jou soldate afmaai, sonder enige buit op die aarde. Die stemme van jou boodskappers sal vir altyd stil wees.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Nahum 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.