Micah 6NLV

1Luister wat die Here sê: “Staan op en stel jou saak terwyl die berge en die heuwels na jou luister.

2Berge, vaste fondamente van die aarde, luister na die klag van die Here! Die Here maak ’n regsaak teen sy volk. Hy lê ’n klag teen Israel.

3“My volk, wat het Ek julle aangedoen? Waarmee het Ek julle oorlaai? Antwoord My!

4Ek het julle tog uit Egipte gebring, julle uit slawerny gered. Ek het Moses, Aäron en Mirjam gestuur om julle te help.

5My volk, onthou julle nie hoe koning Balak van Moab probeer het om ’n vloek op julle te plaas nie? In plaas daarvan het Bileam, Beor se seun, julle geseën. Verder, onthou julle julle reis van Sittim af Gilgal toe? Ek, die Here, het alles in my vermoë gedoen om julle van my getrouheid te leer.”

6As ’n mens kom om die Here te aanbid, wat moet jy saambring? Moet ons God aanbid deur jaaroud kalwers te offer?

7Sal dit vir die Here aanvaarbaar wees as ons duisende ramme offer of tienduisende strome olyfolie aanbied? Sal dit Hom bly maak as ons ons oudste kinders offer om te vergoed vir ons sonde?

8Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe.

9Jerusalem, luister na die Here! Verstandige mense respekteer die Here se Naam. “Neem kennis: van die straf en wie dit veroorsaak.

10Gaan julle ooit ophou om deur kullery ryk te word? In die huise van die oneerlike mense is vals maatbakke en -bekers.

11Sal Ek ’n man vryspreek wat vals mate en vals gewigte gebruik?

12Mense in die stad word ryk deur geweld te gebruik. Die inwoners is gewoond om te lieg en te bedrieg.

13“Om dié rede gaan Ek julle dodelik tref! Ek gaan julle vernietig oor al julle sondes.

14Julle sal eet, maar nie versadig word nie. Julle hongerpyne sal nie weggaan nie. Julle sal spaar, maar niks bymekaarmaak nie. Die bietjie wat julle wel oorhou, sal in gevegte tot niet gaan.

15Julle sal saai, maar nie oes nie. Julle sal olywe pars, maar nie genoeg kry om julle te salf nie. Julle sal druiwe pars, maar julle sal nie die wyn drink nie.

16Julle gehoorsaam net die wette van Omri en volg al die gebruike van Agab se familie na! Ek sal van julle ’n voorbeeld maak en julle verwoes. Hulle sal julle inwoners spot, ander volke sal julle minag.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Micah 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.