Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Micah 5

:
Afrikaans - NLV
1 Betlehem-Efrata, jy is ’n klein dorpie in Juda. Tog sal daar uit jou vir My ’n regeerder kom wat oor Israel sal heers. Sy oorsprong is uit die verre verlede.
2 Hy sal die mense van Israel uitlewer totdat die vrou wat verwag, geboorte gee. Eers dan sal sy volksgenote terugkeer na die land van Israel.
3 Hy sal oor sy kudde regeer met die krag van die Here en die magtige Naam van die Here sy God. Sy volk sal dan veilig kan woon, want hy sal deur die hele wêreld geëer word.
4 Hy sal die bron van vrede wees. Wanneer Assirië ons land binneval en deur ons verdediging bars, sal ons meer as sewe herders, selfs agt leiers teen hulle laat veg.
5 Hulle sal Assirië met die swaard regeer, die land Nimrod by sy ingange. Hy sal ons red van die Assiriërs as hulle ons grense oorsteek en ons land binneval.
6 Die mense van Israel wat oorbly, sal tussen die talle volke wees soos dou wat die Here stuur. Hulle sal wees soos reën wat op die gras val. Geen mens het beheer daaroor nie.
7 Dié van Israel wat oorbly, sal soos ’n sterk leeu tussen die talle volke wees. Die ander volke sal wees soos hulpelose skape, niemand sal hulle kom red nie.
8 Israel sal teen hulle teenstanders in opstand kom, hulle sal al hulle vyande uitroei.
9 Die Here sê: “In dié tyd sal Ek ook al jou perde en jou strydwaens vernietig.
10 Ek sal jou mure platslaan en al jou vestings afbreek.
11 Ek sal jou heksery stopsit en jou waarsêers uitroei.
12 Ek sal al jou afgode en jou klippilare vernietig. Jy sal nooit weer jou eie handewerk aanbid nie.
13 Jou gewyde pale vir die vrugbaarheidsgodin sal Ek vernietig en jou stede verwoes.
14 Ek sal in woede wraak neem op al die nasies wat weier om My te gehoorsaam.”