Micah 2NLV

1Verskriklike dinge lê in die vooruitsig vir julle wat snags op julle beddens lê en bose planne bedink. Vroegoggend staan julle op en voer dit uit omdat julle die mag het om dit te doen.

2As julle ’n stuk grond wil hê, lê julle beslag daarop. As julle iemand se huis wil hê, vat julle dit van hulle af. Nie eers iemand se familie of erfgrond is veilig nie!

3Maar die Here sê: “Ek sal kwaad met kwaad vergeld. Daar is nie ’n kans dat julle sal ontsnap nie! Julle gaan ’n slegte tyd beleef, niks gaan oorbly van julle trots nie.”

4Daardie dag sal julle vyande met julle spot. Hulle sal ’n treurlied sing en sê: “Dit is verby met ons, ons is heeltemal geruïneer! God het ons land van ons af weggevat. Hy het dit verdeel onder die mense wat ons verraai het.”

5Wanneer die land verdeel word, sal die Here se mense geen sê hê nie. Ander mense sal julle grense vasstel.

6Die mense sê: “Moenie sulke dinge kwytraak of profeteer nie. So ’n skande sal nie oor ons kom nie!”

7Israel, behoort julle so te praat? Sal die Here geduld hê met sulke gedrag? As julle doen wat reg is, sal my uitsprake vir julle aanvaarbaar wees.

8Maar nou is my eie mense vyandig en opstandig. Julle gryp mense en skeur die klere af van hulle wat rustig verbyloop soos soldate op pad terug van ’n veldslag af.

9Julle verdryf die vroue van my volk uit hulle gerieflike huise. Julle ontneem hulle kinders vir altyd van die seëninge, van hulle godgegewe erfdeel.

10Staan op! Maak dat julle wegkom! Hierdie land sal nie meer vir julle ’n rusplek wees nie. Dit is besoedel, in ’n ongeneeslike toestand!

11Die soort profeet wat julle sou verkies, is ’n profeet wat leuens vertel en vir julle sê: “Ek sal julle vertel van al die voordele wat wyn en sterk drank vir julle kan bring.”

12“Eendag, Israel, sal Ek julle almal terugbring. Die oorblyfsels van Israel sal Ek sekerlik weer bymekaarbring. Ek sal hulle bymekaarbring soos skape in ’n kraal, soos ’n trop skape in die veld. Julle land sal weerklink van die gedreun van mense.

13Julle leier sal deur die linies breek en julle uit ballingskap lei. Hy sal julle lei deur die poorte van die stede, julle sal deur die poorte breek op pad na julle eie land toe. Julle koning sal voor julle uit gaan. Die Here self sal julle lei.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Micah 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.