Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Micah 2

:
Afrikaans - NLV
1 Verskriklike dinge in die vooruitsig vir julle wat snags op julle beddens en bose planne bedink. Vroegoggend staan julle op en voer dit uit omdat julle die mag het om dit te doen.
2 As julle ’n stuk grond wil hê, julle beslag daarop. As julle iemand se huis wil hê, vat julle dit van hulle af. Nie eers iemand se familie of erfgrond is veilig nie!
3 Maar die Here sê: “Ek sal kwaad met kwaad vergeld. Daar is nie ’n kans dat julle sal ontsnap nie! Julle gaan ’n slegte tyd beleef, niks gaan oorbly van julle trots nie.”
4 Daardie dag sal julle vyande met julle spot. Hulle sal ’n treurlied sing en sê: “Dit is verby met ons, ons is heeltemal geruïneer! God het ons land van ons af weggevat. Hy het dit verdeel onder die mense wat ons verraai het.”
5 Wanneer die land verdeel word, sal die Here se mense geen nie. Ander mense sal julle grense vasstel.
6 Die mense sê: “Moenie sulke dinge kwytraak of profeteer nie. So ’n skande sal nie oor ons kom nie!”
7 Israel, behoort julle so te praat? Sal die Here geduld met sulke gedrag? As julle doen wat reg is, sal my uitsprake vir julle aanvaarbaar wees.
8 Maar nou is my eie mense vyandig en opstandig. Julle gryp mense en skeur die klere af van hulle wat rustig verbyloop soos soldate op pad terug van ’n veldslag af.
9 Julle verdryf die vroue van my volk uit hulle gerieflike huise. Julle ontneem hulle kinders vir altyd van die seëninge, van hulle godgegewe erfdeel.
10 Staan op! Maak dat julle wegkom! Hierdie land sal nie meer vir julle ’n rusplek wees nie. Dit is besoedel, in ’n ongeneeslike toestand!
11 Die soort profeet wat julle sou verkies, is ’n profeet wat leuens vertel en vir julle sê: “Ek sal julle vertel van al die voordele wat wyn en sterk drank vir julle kan bring.”
12 “Eendag, Israel, sal Ek julle almal terugbring. Die oorblyfsels van Israel sal Ek sekerlik weer bymekaarbring. Ek sal hulle bymekaarbring soos skape in ’n kraal, soos ’n trop skape in die veld. Julle land sal weerklink van die gedreun van mense.
13 Julle leier sal deur die linies breek en julle uit ballingskap lei. Hy sal julle lei deur die poorte van die stede, julle sal deur die poorte breek op pad na julle eie land toe. Julle koning sal voor julle uit gaan. Die Here self sal julle lei.”