Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Micah 3

:
Afrikaans - NLV
1 Luister, leiers van Israel! Is julle nie veronderstel om te onderskei tussen reg en verkeerd nie?
2 Julle haat egter wat goed is en is lief vir wat sleg is. Julle slag mense lewendig af en skeur hulle vleis van hulle bene af.
3 Julle eet my volk se vleis, sny hulle velle af, breek hulle bene aan stukke. Julle kap hulle op soos vleis vir die kookpot.
4 As julle na die Here roep vir hulp in nood, sal Hy Hom nie aan julle steur nie. Na al die verkeerde dinge wat julle gedoen het, sal Hy julle ignoreer!
5 Die Here vir die vals profete: “Julle mislei my volk! Julle beloof vrede vir die mense wat vir julle kos gee, maar verklaar oorlog teen hulle wat weier om te betaal.
6 Dit gaan nag wees vir julle sonder enige visioene. Die duisternis sal maak dat julle niks oor die toekoms kan nie. Die son gaan sak vir die profete. Hulle dae is getel.
7 Die sieners sal in die skande kom, die waarsêers sal verleë staan. Uit skaamte sal hulle almal hulle gesigte bedek, want daar is geen antwoord van God nie.”
8 Wat my lewe betref, ek is vol van die Geesteskrag van die Here. Regverdigheid en sterkte vul my lewe. Sonder enige vrees sal ek met die mense van Israel praat oor hulle opstand en sondes.
9 Luister na my, leiers van Israel! Julle haat regverdigheid en verdraai die reg.
10 Julle bou Jerusalem op ’n fondasie van moord en bedrog.
11 Julle leiers lewer uitsprake vir omkoopgeld. Julle priesters onderrig mense teen vergoeding. Julle profete voorspel teen betaling. Tog verwag hulle dat die Here hulle sal help. Hulle sê: “Die Here is by ons, geen kwaad sal ons tref nie.”
12 Julle is die oorsaak dat die tempel gaan wees soos ’n omgeploegde land. Jerusalem sal soos ’n puinhoop lyk en die tempelberg soos ’n toegegroeide heuwel.