Micah 3NLV

1Luister, leiers van Israel! Is julle nie veronderstel om te onderskei tussen reg en verkeerd nie?

2Julle haat egter wat goed is en is lief vir wat sleg is. Julle slag mense lewendig af en skeur hulle vleis van hulle bene af.

3Julle eet my volk se vleis, sny hulle velle af, breek hulle bene aan stukke. Julle kap hulle op soos vleis vir die kookpot.

4As julle na die Here roep vir hulp in nood, sal Hy Hom nie aan julle steur nie. Na al die verkeerde dinge wat julle gedoen het, sal Hy julle ignoreer!

5Die Here sê vir die vals profete: “Julle mislei my volk! Julle beloof vrede vir die mense wat vir julle kos gee, maar verklaar oorlog teen hulle wat weier om te betaal.

6Dit gaan nag wees vir julle sonder enige visioene. Die duisternis sal maak dat julle niks oor die toekoms kan sê nie. Die son gaan sak vir die profete. Hulle dae is getel.

7Die sieners sal in die skande kom, die waarsêers sal verleë staan. Uit skaamte sal hulle almal hulle gesigte bedek, want daar is geen antwoord van God nie.”

8Wat my lewe betref, ek is vol van die Geesteskrag van die Here. Regverdigheid en sterkte vul my lewe. Sonder enige vrees sal ek met die mense van Israel praat oor hulle opstand en sondes.

9Luister na my, leiers van Israel! Julle haat regverdigheid en verdraai die reg.

10Julle bou Jerusalem op ’n fondasie van moord en bedrog.

11Julle leiers lewer uitsprake vir omkoopgeld. Julle priesters onderrig mense teen vergoeding. Julle profete voorspel teen betaling. Tog verwag hulle dat die Here hulle sal help. Hulle sê: “Die Here is by ons, geen kwaad sal ons tref nie.”

12Julle is die oorsaak dat die tempel gaan wees soos ’n omgeploegde land. Jerusalem sal soos ’n puinhoop lyk en die tempelberg soos ’n toegegroeide heuwel.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Micah 3.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.