Job 7NLV

1“Is dit nie die worsteling van elke mens op aarde nie? Jou lewe is soos dié van ’n huurling.

2Jy wens soos ’n slaaf die dag wil klaarkry, soos ’n dagarbeider wat wag om betaal te word.

3So bestaan my maande uit swaarkry. Nagte vol smart is my deel.

4Wanneer ek gaan lê, wens ek die môre wil aanbreek. Maar die nag sleep stadig verby en ek rol rond tot dagbreek.

5My lyf is vol parasiete en rowe. My vel breek oop, en etter loop daaruit.”

6“My dae gaan vinniger verby as ’n wewerspoel. Hulle eindig sonder enige hoop.

7O God, onthou tog my lewe is maar ’n asempie. Ek sal nooit weer iets geniet nie.

8U sien my nou nog, maar nie meer vir lank nie. Terwyl U na my kyk, is ek weg.

9Net soos ’n wolk verdamp en verdwyn, so kom niemand weer terug uit die graf nie.

10Hulle is vir altyd weg van hulle huis af en hulle woning sien hulle nie weer nie.

11“Daarom kan ek nie stilbly nie. Ek moet kla oor my lyding. Ek moet praat, want ek is bitter.

12Is ek ’n seegod of ’n seemonster dat U my so oppas?

13Nes ek dink: ‘My bed sal my vertroos, in my slaap sal ek van my smarte vergeet,’

14dan ontstel U my met drome en verskrik my met visioene.

15Ek sou liewer dat iemand my verwurg, dat ek sterf eerder as om so aan te gaan.

16Ek haat my lewe! Ek wil nie meer lewe nie. Laat my alleen vir die paar dae wat vir my oorbly.

17Wat is die mens dat U so baie aandag aan hom bestee, so baie aan hom dink?

18Want U beproef ons elke môre en toets ons elke oomblik.

19Hoekom laat U my nie alleen nie, los U my nie uit nie, al is dit net vir ’n oomblik?*

20Het ek gesondig? Wat het ek aan U gedoen, U wat die ganse mensdom sien, waarom het U my geteiken? Is ek vir U ’n las?

21Hoekom vergewe U nie net my sonde en verwyder my skuld nie? Gou lê ek in stof en sterf. As U na my soek, dan is ek weg.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 7.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.