Job 5NLV

1“Roep maar om hulp! Niemand sal antwoord nie. Na watter engel sal jy jou kan wend om hulp?

2Woede maak ’n dwaas dood. Jaloesie vernietig dom mense.

3Ek het opgelet: In die begin gaan dit goed met ’n dwaas. Maar dan skielik tref rampe hom.

4Sy kinders word nie gehelp nie. Daar is niemand wat hulle verdedig wanneer hulle voor die hof gedaag word nie.

5Hulle oeste word opgeëet deur honger mense, selfs al is dit deur ’n doringheining beskerm. Hulle welvaart bevredig die dors van ander.

6Ellende spruit nie uit die grond, en swaarkry groei nie uit die aarde nie.

7’n Mens word gebore vir moeite, soos vonke boontoe skiet uit ’n vuur.

8“My raad aan jou is: Gaan na God toe en stel jou saak aan Hom.

9Wat God doen, is te groot om ooit te verstaan. Hy doen wonder op wonder.

10Hy gee reën op die aarde. Hy maak die veld nat.

11Hy gee voorspoed aan die nederiges, en beskerm mense wat ly.

12Hy verydel die planne van skelm mense sodat hulle planne nie slaag nie.

13Mense wat dink hulle is slim, draai Hy in hulle eie planne vas. Wat hulle wou doen, maak Hy tot niet.

14Hulle tas rond in helder daglig asof hulle blind is. Hulle sien niks in die dag nie, asof dit nag is.

15Hy red die armes van dié wat hulle vals beskuldig. Hy red hulle uit die mag van die sterkes.

16So kan die armes weer hoop, en die mond van die bose word gesnoer.

17“Kyk hoe gelukkig is mense vir wie God vermaan! Verag nie die teregwysing van die Almagtige as jy sondig nie,

18want Hy verwond, maar verbind ook weer. Hy tref ons, maar sy hande genees ook weer.

19Hy sal jou keer op keer red, tot ses of sewe keer, sodat kwaad jou nie tref nie.

20In ’n tyd van hongersnood red Hy jou van die dood. In ’n tyd van oorlog red Hy jou van die swaard.

21Jy sal veilig wees teen skindertonge. Jy hoef nie te vrees om vernietig te word nie.

22Jy sal lag tydens vernietiging en hongersnood. Vir wilde diere sal jy nie skrik nie.

23Jy sal vrede hê met die klippe in die veld en wilde diere sal jou nie pla nie.

24Jy sal weet dat jou blyplek veilig is. Op jou weiveld sal jy geen vee mis nie.

25Jy sal baie kinders hê, jou nageslag sal volop wees soos gras!

26Jy sal op rype ouderdom sterf; nie ’n dag voor jou tyd sal die dood jou oes nie.

27“Ons het ondervind dat dit alles waar is. Luister na my raad en pas dit toe op jouself.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 5.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.