Job 4NLV

1Elifas die Temaniet het Job geantwoord:

2“Sal jy geduldig kan wees sodat ek iets vir jou kan sê? Geen mens kan stilbly nie.

3Jy het self baie mense wat moed verloor het, moed ingepraat. Jy het swakkes ondersteun.

4Jou woorde het almal wat geval het, versterk. Jy het mense wat twyfel, regop gehou.

5En nou dat die moeilikheid oor jou gekom het, is jy verslae, noudat dit jou getref het, is jy gebroke.

6Gee dit dan nie vir jou hoop dat jy God aanbid het nie? Moet jy nie juis nou glo dat God sorg vir mense wat Hom dien nie?

7“Dink daaraan: Het onskuldige mense ooit vergaan? Wanneer is die mens wat God getrou dien, al ooit vernietig?

8My ondervinding is dat mense wat moeilikheid plant en die bose saai, dit ook sal oes.

9Deur die asem van God het Hy hulle vernietig. Deur sy woede vergaan hulle.

10Die gebrul van die leeu, die gegrom van die roofdier, het stilgeraak. Die tande van die jong leeu is uitgeslaan.

11Sonder prooi gaan die leeu dood, en die welpies loop verlore rond.

12“Ek het dit eenmaal in die geheim gehoor, asof iemand dit in my oor fluister.

13Een nag, terwyl ander slaap, het ek dit gesien in ’n gesig wat my verskrik het.

14Ek was bang. Ek het gebewe van die skok.

15’n Windvlaag het by my verby getrek, en die hare van my lyf het orent gaan staan.

16Iets het voor my gestaan, maar ek kon nie uitmaak watter vorm dit het nie. Iets het voor my verskyn en ’n veraf stem het gepraat:

17‘Kan ’n sterflike mens regverdig wees voor sy Maker, en ’n blote mens rein wees voor sy Skepper?’

18Selfs sy eie hemelse dienaars kan God nie vertrou nie. Selfs sy boodskappers is voor Hom vol gebreke.

19Hoe kan Hy ons vertrou wat van klei gemaak is? Ons is van stof gemaak, en word papgedruk, so maklik soos ’n mot.

20Tussen oggend en aand word hulle vernietig, onopsigtelik vergaan hulle vir altyd.

21Hulle tentpenne word uitgetrek, en hulle sterf sonder om wysheid te leer.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 4.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.