Job 40NLV

1Die Here het toe vir Job uit ’n storm geantwoord:

2“Gaan staan regop soos ’n man. Ek wil ’n paar vrae aan jou stel. Jy moet My antwoord.

3“Wil jy sê dat Ek verkeerd is? Wil jy My veroordeel sodat jy geregverdig kan wees?

4Is jy so sterk soos God? Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor?

5Laat jou gesag dan geld. Tree op in jou koninklike majesteit.

6Gee uiting aan jou woede sodat dit oorkook oor die hoogmoediges en hulle verneder.

7Vernietig slegte mense met een blik. Loop oor die goddeloses.

8Begrawe almal in die stof. Sluit hulle toe in die graf.

9Selfs Ek sal jou dan prys, want jy sal jou deur jou eie krag kan red.

10“Kyk na die seekoei*. Ek het hom gemaak net soos Ek jou gemaak het. Hy vreet gras soos ’n bees.

11Hy het ’n kragtige liggaam met sterk spiere.

12Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaargevleg.

13Sy bene is soos bronspype. Sy ledemate so sterk soos yster.

14Dit is ’n uitstekende voorbeeld van God se handewerk. Net sy Maker kan hom in toom hou.

15Die berge lewer vir hom voedsel, en al die wilde diere speel daar.

16Hy lê onder waterplante. Hy skuil tussen die riete in die moeras.

17Hy skuil in die skadu van die waterplante tussen die wilgers langs die rivier.

18As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie. Hy is rustig selfs as die Jordaan rondom hom bruis.

19Niemand kan hom van voor af pak en ’n ring in sy neus sit nie.”

20“Kan jy ’n krokodil* met ’n hoek vang? Kan jy ’n tou bind om sy bek?

21Kan jy ’n lyn steek deur sy neus of sy kake met ’n haak deurboor?

22Sal hy by jou pleit om genade, of soebat om vir hom jammer te wees?

23Sal hy instem om vir jou te werk? Kan jy van hom ’n slaaf maak vir die res van sy lewe?

24Sal jy hom mak maak soos ’n voëltjie, of vir hom ’n leiband aansit as ’n speelding vir jou dogters?

25Sal handelaars hom wil koop? Kan hulle hom verkoop in hulle winkels?

26Kan jy sy vel deurboor met pyle, of sy kop met ’n harpoen?

27Lê gerus jou hand op hom! Jy sal vir altyd die geveg onthou en dit nooit weer waag nie.

28Jy probeer verniet om hom te vang. Die jagter is oorweldig as hy hom net sien.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 40.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.