Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 39

:
Afrikaans - NLV
1 “Kan jy vir die leeuwyfie prooi vang wat genoeg sal wees vir haar kleintjies
2 waar hulle en wag in hulle wegkruipplek, waar hulle skuil in die bosse?
3 Wie gee kos vir kraaie as hulle kleintjies na God roep en ronddwaal omdat hulle honger is?”
4 “Ken jy die tyd wanneer die bergbokke lam? Het jy gesien wanneer die wildsbokke kleintjies kry?
5 Weet jy hoeveel maande hulle draagtyd is? Weet jy wanneer hulle moet lam?
6 Hulle krimp inmekaar om geboorte te gee. Hulle geboortepyne is vinnig verby.
7 Die klein bokkies word groot in die oop veld. Hulle verlaat die ouers en kom nie weer terug nie.
8 “Wie laat die wildedonkie vry rondloop? Wie maak sy harnas los?
9 Ek het hom laat leef in die wildernis. Die soutvlaktes is sy blyplek.
10 Hy lag vir die gewoel in die stad. Hy steur hom nie aan die geroep van ’n drywer nie.
11 Hy wei in die berge op soek na groen gras.
12 “Sal die buffel bereid wees om in jou diens te staan? Sal hy in die nag op stal bly staan?
13 Kan jy hom inspan en ’n harnas aansit? Sal hy bereid wees om vir jou ’n veld te ploeg?
14 Hy is baie sterk, maar kan jy op hom vertrou om jou werk vir jou te doen as jy weggaan?
15 Kan jy op hom vertrou om jou graan huis toe te bring? Sal hy dit op jou dorsvloer neersit?
16 “Die volstruis klap haar vlerke met trots. Maar haar vere kan nie vergelyk word met dié van ’n ooievaar nie.
17 Sy haar eiers op die grond. Hulle broei warm in die grond.
18 Sy is nie bekommerd dat iemand daarop kan trap of dat wilde diere dit kan vernietig nie.
19 Sy tree hardvogtig op teenoor haar kuikens asof hulle nie haar eie is nie. Dit maak nie vir haar saak of hulle sterf nie.
20 God het haar nie wysheid of gesonde verstand gegee nie.
21 Maar as sy haar vlerke optel om te hardloop, hardloop sy weg vir die vinnigste perd met sy ruiter.
22 “Het jy die perd sy krag gegee, of sy nek bedek met maanhare?
23 Gee jy hom die vermoë om te spring soos ’n sprinkaan? Hy maak almal bang met sy trotse gesnork.
24 Hy kap die grond met sy pote. Hy is bly oor sy krag. As hy in die geveg storm,
25 is hy vir niks bang nie. Hy hardloop nie weg van wapens nie.
26 Die pyle raas rondom hom. Spiese en swaarde flits in die son.
27 Opgewonde kap sy pote die grond. Hy storm vorentoe in die geveg wanneer die trompet blaas.
28 Hy snork as die trompet blaas, van ver af ruik hy die geveg. Hy hoor hoe die offisiere en soldate roep.
29 “Is dit op jou bevel dat die valk hoog vlieg en sy vlerke sprei na die suide?
30 Gee jy bevel dat die arend hoog moet vlieg om sy nes te gaan bou?
31 Hy woon op ’n rotslys en maak sy blyplek op ’n hoë krans.
32 Van daar af soek hy sy kos. Sy sien dit van ver af.
33 Sy kuikens vreet bloederige vleis van enige karkas.”
34 Die Here het vir Job gesê:
35 “Wil jy steeds redeneer met die Almagtige? Laat die een wat God aankla, nou praat!”
36 Job het toe die Here geantwoord:
37 “Ek het dwase dinge gesê. Hoe kan ek U antwoord? Ek sit my hand op my mond.
38 Ek het een keer gepraat en te veel gesê. Ek het niks meer om te nie.”