Job 39NLV

1“Kan jy vir die leeuwyfie prooi vang wat genoeg sal wees vir haar kleintjies

2waar hulle lê en wag in hulle wegkruipplek, waar hulle skuil in die bosse?

3Wie gee kos vir kraaie as hulle kleintjies na God roep en ronddwaal omdat hulle honger is?”

4“Ken jy die tyd wanneer die bergbokke lam? Het jy gesien wanneer die wildsbokke kleintjies kry?

5Weet jy hoeveel maande hulle draagtyd is? Weet jy wanneer hulle moet lam?

6Hulle krimp inmekaar om geboorte te gee. Hulle geboortepyne is vinnig verby.

7Die klein bokkies word groot in die oop veld. Hulle verlaat die ouers en kom nie weer terug nie.

8“Wie laat die wildedonkie vry rondloop? Wie maak sy harnas los?

9Ek het hom laat leef in die wildernis. Die soutvlaktes is sy blyplek.

10Hy lag vir die gewoel in die stad. Hy steur hom nie aan die geroep van ’n drywer nie.

11Hy wei in die berge op soek na groen gras.

12“Sal die buffel bereid wees om in jou diens te staan? Sal hy in die nag op stal bly staan?

13Kan jy hom inspan en ’n harnas aansit? Sal hy bereid wees om vir jou ’n veld te ploeg?

14Hy is baie sterk, maar kan jy op hom vertrou om jou werk vir jou te doen as jy weggaan?

15Kan jy op hom vertrou om jou graan huis toe te bring? Sal hy dit op jou dorsvloer neersit?

16“Die volstruis klap haar vlerke met trots. Maar haar vere kan nie vergelyk word met dié van ’n ooievaar nie.

17Sy lê haar eiers op die grond. Hulle broei warm in die grond.

18Sy is nie bekommerd dat iemand daarop kan trap of dat wilde diere dit kan vernietig nie.

19Sy tree hardvogtig op teenoor haar kuikens asof hulle nie haar eie is nie. Dit maak nie vir haar saak of hulle sterf nie.

20God het haar nie wysheid of gesonde verstand gegee nie.

21Maar as sy haar vlerke optel om te hardloop, hardloop sy weg vir die vinnigste perd met sy ruiter.

22“Het jy die perd sy krag gegee, of sy nek bedek met maanhare?

23Gee jy hom die vermoë om te spring soos ’n sprinkaan? Hy maak almal bang met sy trotse gesnork.

24Hy kap die grond met sy pote. Hy is bly oor sy krag. As hy in die geveg storm,

25is hy vir niks bang nie. Hy hardloop nie weg van wapens nie.

26Die pyle raas rondom hom. Spiese en swaarde flits in die son.

27Opgewonde kap sy pote die grond. Hy storm vorentoe in die geveg wanneer die trompet blaas.

28Hy snork as die trompet blaas, van ver af ruik hy die geveg. Hy hoor hoe die offisiere en soldate roep.

29“Is dit op jou bevel dat die valk hoog vlieg en sy vlerke sprei na die suide?

30Gee jy bevel dat die arend hoog moet vlieg om sy nes te gaan bou?

31Hy woon op ’n rotslys en maak sy blyplek op ’n hoë krans.

32Van daar af soek hy sy kos. Sy oë sien dit van ver af.

33Sy kuikens vreet bloederige vleis van enige karkas.”

34Die Here het vir Job gesê:

35“Wil jy steeds redeneer met die Almagtige? Laat die een wat God aankla, nou praat!”

36Job het toe die Here geantwoord:

37“Ek het dwase dinge gesê. Hoe kan ek U antwoord? Ek sit my hand op my mond.

38Ek het een keer gepraat en te veel gesê. Ek het niks meer om te sê nie.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 39.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.