Job 38NLV

1Toe het die Here Job uit ’n stormwind geantwoord:

2“Wie is dit wat my wysheid bevraagteken met woorde van onkunde?

3Staal jouself! Ek sal die vrae stel, en dan antwoord jy My.

4“Waar was jy toe Ek die fondasie van die aarde gelê het? Sê My as jy so baie weet!

5Wie het die aarde opgemeet? Jy weet tog seker! En wie het die maatband oor die aarde gespan?

6Waarop rus die fondasie van die aarde? En wie het sy hoeksteen gelê?

7Toe het al die môresterre saamgesing en die hemelse wesens* het van vreugde gejuig.

8“Wie het die grense van die see vasgestel toe dit uitgeborrel het

9en Ek dit bedek het met wolke en dik duisternis?

10Ek het grense vir hom gestel. Ek het hom agter slot en grendel gesit.

11Ek het gesê: ‘Jy mag tot hier kom, en nie verder nie. Hier moet jou trotse golwe breek.’

12“Het jy ooit die môre beveel om te verskyn? Het jy die dag laat breek in die ooste?

13Het jy al die lig opdrag gegee om oor die aarde te sprei sodat die nag se boosheid kan ophou?

14Die aarde neem vorm aan soos die lig toeneem. Dit neem vorm aan soos voue in ’n kledingstuk.

15Die lig versteur die rooftog van die kwaaddoener. Hulle kan nie meer die arm lig om geweld te pleeg nie.

16“Was jy al by die fonteine waar die see ontspring? Het jy al daar rondgeloop en sy dieptes verken?

17Weet jy waar die ingang van die doderyk is, waar die donkerte skuil?

18Begryp jy hoe groot die aarde is? Sê My as jy dit alles weet.

19“Waar kom die lig vandaan? En waarheen wyk die donkerte?

20Kan jy hulle terugvat na hulle huis toe? Weet jy hoe om daar uit te kom?

21Natuurlik weet jy dit alles! Jy is mos gebore voor dit alles geskep is. Jy het nou al soveel ervaring!

22“Was jy al by die skatkamers van die sneeu? Het jy al gesien waar die hael gebêre word?

23Ek gaar dit op vir ’n tyd van rampe, vir die dag van stryd en oorlog.

24Waar is die pad na die oorsprong van lig? Waar is die tuiste van die oostewind?

25Wie grawe ’n kanaal vir die stortreën? Wie maak ’n pad vir die weerlig?

26Wie giet reën oor die droë grond, in ’n woestyn waar niemand woon nie?

27Wie stuur die reën wat die droë land natmaak sodat groen gras uitspruit?

28Het die reën ’n vader? Waar kom dou vandaan?

29Wie is die moeder van ys? Wie gee geboorte aan ryp uit die lug?

30Dan word water so hard soos ’n rots, en die watervlak verys.

31“Kan jy die Sewester vasknoop? Of die bande van Orion losmaak?

32Kan jy sorg dat die sterre op die regte tyd opkom? Kan jy die Beer met sy kleintjies laat uitkom?

33Ken jy die wette van die natuur? Weet jy hoe God oor die aarde regeer?

34“Kan jy met die wolke praat sodat hulle begin reën?

35Kan jy weerligstrale maak, en dit laat tref soos jy wil?

36Wie gee intuïsie en instink aan die mens?

37Wie is slim genoeg om die wolke te tel? Wie kan die waterkanne van die hemel omkeer

38wanneer die grond droog is en die kluite kliphard?”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 38.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.