Job 37NLV

1“As ek hieraan dink, bons en bewe my hart in my.

2Luister na God se stem in die donderweer as dit voortrol van Hom af.

3Dit rol deur die ganse hemel. Sy weerlig slaan in alle rigtings.

4Dan kom die gebrul van die donderweer, die geweldige stem van sy majesteit. Hy hou nie die weerlig terug wanneer Hy praat nie.

5God se stem is glorieryk in die donderweer. Dis onmoontlik om sy grootheid en mag te bedink.

6Hy laat die sneeu val op die aarde, en beveel die reën om neer te stort.

7Almal hou dan op om te werk sodat hulle sy krag kan aanskou.

8Die wilde diere skuil tussen rotse of bly in hulle lêplekke.

9Die storm kom uit sy blyplek. Die wind bring groot koue.

10Die asem van God stuur die ys. Die wye waters vries kliphard.

11Hy laai die wolke met vog. Hy verlig die wolke met sy weerlig.

12Die wolke draai en draai soos Hy hulle beveel. Hulle doen wat Hy beveel oor die hele bewoonde aarde.

13Hy laat dinge gebeur op aarde as straf of as teken van sy troue liefde.

14“Luister hierna, Job. Staan stil en bedink die wonderdade van God.

15Weet jy hoe God die storm beheer en sy weerlig laat flits uit sy wolke?

16Verstaan jy hoe die wolke in die lug bly hang? Dis die wonderlike werk van Hom wat alles weet.

17As jy vergaan van die hitte in jou klere, wanneer die suidewind gaan lê en alles stil word,

18weerkaats Hy die hitte uit die hemelruim soos ’n reuse spieël. Kan jy dit doen?

19“Jy dink mos jy weet so baie. Leer ons wat ons vir God moet sê. Ons is te onkundig om self te redeneer.

20Moet ons vir Hom sê dat ons met Hom wil praat? Kan ons praat as ons so deurmekaar is?

21Ons kan nie in die son kyk op ’n wolklose dag nie. Dit skyn helder in die lug wanneer al die wolke weggewaai het.

22Uit die noorde kom God in goudglans. Rondom Hom is ontsagwekkende majesteit.

23Ons kan ons nie voorstel hoe magtig God is nie. Tog is Hy so regverdig en vol genade dat Hy ons nie verdruk nie.

24Geen wonder dat alle mense Hom vrees nie. Mense met ware wysheid het ontsag vir Hom.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 37.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.