Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 36

:
Afrikaans - NLV
1 Elihu het ook nog gesê:
2 “Laat my voortgaan, en ek sal die waarheid vir jou uitwys in wat ek sê, want ek is nog nie klaar om God te verdedig nie!
3 Ek het baie voorbeelde van die regverdigheid van my Maker wat ek aan jou kan voorhou.
4 “Wat ek gaan sê, is die eerlike waarheid, want ek is ’n man met afgeronde kennis.
5 God is magtig, tog verag Hy niemand nie! Hy is magtig in sowel krag as begrip.
6 Hy laat die kwaaddoener nie lewe nie, maar sorg vir regverdigheid vir die verdrukte.
7 Sy is altyd op die onskuldige, Hy vestig en verhef hulle vir altyd saam met konings.
8 Maar as hulle moeilikheid het en swaar verdruk word,
9 doen Hy moeite om vir hulle die rede uit te wys, naamlik hulle sonde van hoogmoed.
10 So kry Hy hulle aandag en vir hulle dat hulle moet wegdraai van die kwaad.
11 As hulle luister en Hom gehoorsaam, word hulle geseën met voorspoed deur hulle hele lewe.
12 Maar as hulle weier om te luister, sal hulle sterf in die geveg en ondergaan omdat hulle niks verstaan nie.
13 “Goddelose mense vertroetel hulle woede. Selfs wanneer Hy hulle straf, weier hulle om te roep om hulp.
14 Hulle sterf jonk. Hulle lewe eindig in skandelike dade.
15 Maar deur hulle swaarkry, red Hy mense wat ly. Want Hy gebruik hulle lyding om hulle oop te maak.
16 “Ja, ook vir jou wou God uit die gevaar lei. Hy wou jou vrymaak. Hy wou jou oorgenoeg gee om van te lewe.
17 Maar jy is behep met die oordeel oor die goddelose. Moenie bekommerd wees nie. Regverdigheid sal seëvier.
18 Oppas dat voorspoed jou nie verlei nie. Moenie dat ’n groot omkoopgeskenk jou laat sondig nie.
19 Kan al jou geld en moeite jou help in jou ellende?
20 Moenie wens dat die nag kom nie. Dis juis dan dat mense vernietig word.
21 Wees waaksaam! Draai weg van die kwaad! God het juis swaarkry oor jou gestuur om jou weg te vat van sonde.”
22 “God is almagtig. Wie kan ’n mens leer soos Hy?
23 Niemand kan Hom vertel wat om te doen nie. Niemand kan vir Hom sê: ‘U was verkeerd’ nie.
24 Nee, verheerlik liewer sy magtige werke en sing tot sy lof.
25 Elkeen het hierdie dinge gesien, maar net van ver af.
26 Kyk, God is verhewe bokant ons begrip. Sy jare is sonder einde.
27 “Hy trek waterdamp op en laat dit val as reën.
28 Reën stort uit die wolke en almal baat daarby.
29 Kan iemand verstaan hoe die wolke uitsprei, en die donderweer rol deur die hemel?
30 Kyk hoe Hy die weerlig rondom Hom laat blits. Kyk hoe dit die diepsee verlig.
31 Deur sy magtige dade regeer Hy oor die mense, Hy sorg vir hulle met oorvloed.
32 Hy vul sy hande met weerlig en gooi hulle af op sy teiken.
33 Die donderweer verkondig sy teenwoordigheid. Die storm kondig sy woede aan.”