Job 30NLV

1“Maar nou word ek bespot deur jong manne wie se pa’s te sleg was om saam met honde my skape op te pas.

2Hulle was in elk geval vir my niks werd nie — ’n klomp nuttelose skurke!

3Uitgeteer van honger dwaal hulle verlate in die woestyn en die wildernis.

4Hulle maak blare bymekaar by die bosse en eet die wortels van besembosse.

5Hulle is weggejaag uit die samelewing. Mense skree op hulle soos op diewe.

6Daarom leef hulle nou in skrikwekkende klowe, in rotsskeure en grotte.

7Hulle klink soos diere waar hulle tussen die wilde struike lewe en saam skuiling soek tussen die bossies.

8Hulle is naamlose dwase, uitgeworpenes van die samelewing.

9“Dit is nou hulle wat my spot met hulle walglike liedjies! Hulle tart my!

10Hulle kyk op my neer. Hulle kom nie naby my nie, behalwe om in my gesig te spoeg.

11God het my platgeslaan. Hy het my verneder. En nou doen mense dieselfde met my.

12Die spul val my aan. Hulle loop my voete onder my uit. Hulle lê strikke in my pad.

13Hulle versper my pad en doen alles om my ellende te vererger terwyl hulle weet dat ek niemand het om my te help nie.

14Hulle storm uit alle rigtings op my af, waar ek geval het, storm hulle oor my.

15Ek lewe in angs en het geen selfrespek oor nie. My hoop dat ek gered kan word, het soos mis voor die son verdwyn.

16“Dit voel of die lewe uit my loop. Hartseer oorweldig my elke dag.

17In die nag hou die pyn my wakker soos dit vreet aan my bene.

18God het my met geweld aan my klere gegryp. Hy gryp my aan my jas se kraag.

19Hy gooi my in die modder. Ek het soos stof en as geword.

20“Ek roep na U, o God, maar U antwoord nie. Ek staan voor U, maar U sien my nie raak nie.

21U was genadeloos teenoor my. U vervolg my met u groot krag.

22U tel my op en laat die wind my wegwaai. U gooi my rond in die storm.

23Ek weet U stuur my na die dood, die bestemming van alles wat leef.

24“Sekerlik sal niemand die hand lê op ’n stukkende mens wat in sy ellende om hulp roep nie!

25Het ek nie gehuil oor mense wat swaarkry nie? Was ek nie hartseer oor arm mense se lyding nie?

26Daarom het ek medelye verwag. Maar in plaas van goed, het kwaad my getref. Ek het gewag vir die lig, maar dit het donker gebly.

27Ek is ontsteld en rusteloos. My lewe bestaan uit swaarkry.

28Ek leef in somberheid waar die son nie meer vir my skyn nie. Ek staan op die plein en roep om hulp.

29Die jakkalse is my broers en ek lewe saam met volstruise.

30My vel het swart geword, ek brand van die koors.

31My harp speel ’n treurlied. My fluit begelei mense wat huil.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 30.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.