Job 29NLV

1Job het die gesprek voortgesit:

2“Ek verlang na die ou jare, na die tyd toe God vir my gesorg het,

3toe Hy die pad voor my oë verlig het sodat ek veilig in die donkerte kon loop.

4In my vroegste jare was God ’n vriend in my huis.

5Die Almagtige was nog by my en my kinders was om my.

6In daardie dae het my koeie oorvloedig melk gegee en daar het strome olie uit my olyfboorde gevloei.

7“Ek het na die stadspoort toe gegaan om tussen die geëerde leiers te gaan sit.

8Jongmense het padgegee as ek aankom. Selfs bejaardes het opgestaan uit respek vir my.

9Die leiers het stilgebly en in stilte bly staan met die hand op die mond.

10Die belangrikste amptenare van die stad het eenkant stil gestaan en uit respek vir my stilgebly.

11Almal wat van my gehoor het, het my geprys. Dié wat my gesien het, het goed van my gepraat.

12Want ek het die armes gehelp in hulle nood, en die weeskind wat niemand gehad het om hom te help nie.

13Ek het mense gehelp wat alle hoop verloor het, en hulle het my geseën. Ek het ’n lied gebring in die harte van weduwees.

14Wat ek ook al gedoen het, was regverdig en opreg. Regverdigheid was oor my soos ’n kleed en reg het my hoof bedek.

15Ek was soos oë vir die blindes en voete vir dié wat verlam is.

16Ek was ’n vader vir die armes en het gesorg dat die vreemdeling regverdig verhoor word.

17Ek het die greep van wettelose verdrukkers verbreek en hulle gevangenes uit hulle mag vrygestel.

18“Ek het gedink: ‘Ek sal tog sekerlik sterf, deur my familie omring, na ’n lang en goeie lewe.

19Want ek is soos ’n boom wat by waters staan, en wat elke môre met dou verfris word.

20Ek ontvang gedurig eerbewyse, en my krag word elke dag vernuwe.’

21“Elkeen luister na my en waardeer my raad. Hulle wag in stilte vir my om te praat.

22Wanneer ek gepraat het, kon hulle niks byvoeg nie, want hulle was tevrede met my raad.

23Hulle het gewag vir my om te praat, soos ’n mens wag op reën. My woorde was vir hulle soos ’n fris lentereën.

24Wanneer hulle moedeloos was, het ek hulle met ’n glimlag bemoedig. Wanneer ek met goedkeuring na hulle kyk, was dit vir hulle kosbaar.

25Ek was soos hulle leier wat hulle op die regte pad lei. Ek was soos ’n koning tussen sy manskappe, en soos iemand wat die treurendes vertroos.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 29.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.