Job 26NLV

1Job het weer gepraat:

2“Hoe het julle nou die swakke gehelp? Hoe het julle die kragtelose gered?

3Hoe het julle my onnoselheid verlig! Hoeveel wyshede het julle kwytgeraak!

4Vir wie het julle al hierdie dinge gesê? Wie se gees praat deur julle?

5Die dooies bewe, hulle wat onder die water woon.

6God weet wat daar in die onderwêreld gebeur. Hy kyk tot in die plek van verwoesting.

7God strek die noordelike lugruim oor leë ruimtes en hang die aarde op aan niks.

8Hy rol die reën op in dik wolke, maar as hulle swaar is, skeur hulle nie.

9Hy bedek die gesig van die volmaan en sprei wolke daaroor.

10Hy het die horison geskep deur die waters te skei. Hy stel grense vir die dag en die nag.

11Die fondamente van die hemel bewe, hulle is verstom as Hy hulle bestraf.

12Sy krag kalmeer die see. Hy verslaan die seemonster.

13Sy wind waai die lug skoon en Hy vernietig die vlugtende slang.

14Dit is maar die kleinste van sy werke, ’n fluistering van sy krag wat ons hoor! Wie kan dan die grootheid van sy mag begryp?”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 26.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.