Job 23NLV

1Job het weer gepraat:

2“Ek kla vandag nog steeds bitterlik. Ek probeer om nie hard te kreun nie.

3As ek maar net geweet het waar om God te vind, sou ek na sy troon gaan.

4Ek sou my saak voor Hom stel, en my argumente voor Hom noem.

5Ek sal luister na sy antwoord en begryp wat Hy vir my sê.

6Sou Hy in sy groot krag met my redeneer? Nee, Hy sal sekerlik na my luister.

7Opregte mense kan by Hom pleit en ek sal vir altyd deur my Regter vrygespreek word.

8“Maar soek ek in die ooste, kry ek Hom nie. In die weste kan ek Hom ook nie vind nie.

9Ek sien Hom nie in die noorde nie, want Hy is onsigbaar. In die suide soek ek Hom, maar ek vind Hom nie.

10Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets, sal ek na vore tree suiwer soos goud uit ’n vuur.

11Want ek het op sy paaie gebly en Hom gevolg sonder om weg te draai.

12Ek het alles gedoen wat Hy my beveel het. Wat Hy sê, het ek in my hart bewaar.

13En tog bly sy gedagte oor my onveranderd. Wie kan Hom teenstaan? Hy doen wat Hy wil.

14Hy doen met my wat Hy beplan het. Hy bepaal my bestemming.

15G’n wonder ek is so verskrik voor Hom nie! As ek daaraan dink, is ek bevrees vir Hom.

16God het my moed gebreek. Die Almagtige het my verskrik.

17Donkerheid is rondom my. Tog bly ek nie stil nie al het die duisternis my oorval.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 23.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.