Job 22NLV

1Elifas die Temaniet het geantwoord:

2“Kan ’n mens se dade enige voordeel inhou vir God? Kan selfs ’n baie wyse mens Hom help?

3Watter plesier het die Almagtige daarin dat jy regverdig is? Baat Hy daarby as jy volmaak is?

4“Is dit oor jou eerbied vir Hom dat Hy jou aankla en veroordeel?

5Hoegenaamd nie! Dis oor jou boosheid! Jou skuld ken geen perke nie!

6Dalk het jy geld aan jou vriend geleen, en sy klere gehou as borg. Hy moes rondloop sonder klere.

7Miskien wou jy nie water gee vir die dorstige, en kos vir die hongerige nie.

8Jy, ’n ryk man, het grond besit. Mense het jou geëer.

9Tog het jy weduwees sonder hulp weggestuur. Of jy het weeskinders dakloos gelaat.

10Dit is waarom jy omring is met strikke en jy ’n skielike ramp vrees.

11Daarom kan jy nie in die donker sien nie en vloedwaters stroom oor jou.

12God is so groot, hoër as die hoogste hemel, verder as die verste ster.

13Maar jy sê: ‘Dis hoekom God nie kan sien wat ek doen nie! Hoe kan Hy oordeel deur so ’n diep duisternis?

14Want dik wolke omhul Hom. Hy kan ons nie sien nie. Hy loop daar bo in die hemel rond.’

15Wil jy aanhou loop op die ou paaie van goddelose mense?

16Hulle is weggeruk in die fleur van hulle lewe, en die dinge waarop hulle hulle lewe gebou het, het weggespoel.

17Hulle het mos vir God gesê: ‘Los ons alleen! Wat kan die Almagtige aan ons doen?’

18Want hulle het vergeet dat Hy vir hulle huise gegee het vol goeie dinge. Ek wil niks te doen hê met hulle lewenswyse nie.

19“Die regverdige sal bly wees om te sien hoe goddeloses ondergaan. Die onskuldiges lag en spot met hulle.

20Hulle sê: ‘Ons vyande is vernietig! Alles wat hulle gehad het, het verbrand!’

21“Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan.

22Luister na sy voorskrifte en bêre hulle in jou hart.

23As jy terugkeer na die Almagtige en jou lewe skoonmaak, sal jy herstel word.

24Los jou sug na geld, en gooi jou kosbare skatte in die rivier.

25Dan sal die Almagtige self jou rykdom wees. Hy sal vir jou wees soos kosbare silwer.

26Dan sal jy bly wees oor die Almagtige en sal jy opkyk na God.

27Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou hoor. Jy sal doen wat jy Hom belowe het.

28Wat jy besluit om te doen, sal gebeur. Dit sal lig wees op die pad voor jou.

29As iemand val en jy vra dat God hulle optel, sal Hy hulle red.

30Hy sal selfs sondaars red, hulle sal verlos word omdat jy onskuldig is.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 22.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.