Job 21NLV

1Job het weer gepraat:

2“Luister goed na wat ek sê. Julle vertroos my al klaar as julle dit doen.

3Verdra my en laat my praat. As ek klaar is, kan julle my spot!

4“Ek kla God aan, nie mense nie. Daarom is ek so ongeduldig!

5Kyk na my en staan verstom. Hou jou hand oor jou mond van skok.

6As ek dink aan wat ek kwytraak, bewe ek. My hele lyf bewe.

7Die waarheid is: goddeloses word stokoud! Hulle word ryk en beroemd.

8Hulle sien hoe hulle kinders volwassenheid bereik, en geniet hulle kleinkinders.

9Hulle huise is veilig; daar is niks wat hulle vrees nie. God straf hulle ook nie.

10Hulle bulle dek al die koeie. Hulle koeie kalf en het geen misgeboorte nie.

11Hulle kinders spring vrolik rond soos lammetjies, hulle dans oral rond.

12Hulle sing saam met tamboeryn en lier. Hulle is vrolik terwyl die fluit speel.

13Hulle leef in voorspoed en gaan na die graf in vrede

14en dit terwyl hulle vir God sê: ‘Gaan weg! Ons wil niks met U te doen hê nie.

15Wie is die Almagtige dat ons Hom sou gehoorsaam? Watter nut is daarin om tot Hom te bid?’

16Maar hulle voorspoed hang nie af van hulleself nie. Daarom kan ek nie saamstem met hoe hulle dink oor die lewe nie.

17“Die lewenslig van die goddelose word egter nooit gedoof nie. Hulle kry selde swaar. As God oordeel uitdeel, gaan Hy by hulle verby.

18Die wind jaag hulle nie soos strooi rond nie. En die stormwind doen niks aan hulle nie.

19‘Ja,’ sê jy, ‘God sal dan hulle kinders straf!’ Ek meen God behoort dié wat sondig, te straf, en nie hulle kinders nie. Laat húlle self die straf uitdien!

20Laat hulle self sien hoe hulle vernietig word. Laat hulle diep drink van die woede van die Almagtige!

21Na hulle dood skeel dit hulle min wat met hulle families gebeur, wanneer hulle eers dood is.

22“Maar wie is daar wat vir God kan onderrig? Hy is immers die Regter oor al die belangrike mense.

23Een mens sterf in die fleur van sy lewe in voorspoed en veiligheid,

24die prentjie van blakende gesondheid, sterk en fris.

25’n Ander mens sterf in uiterste armoede. Hy het nooit iets goeds in die lewe beleef nie.

26Albei word begrawe in dieselfde grond, albei word deur wurms opgevreet.

27“Kyk, ek weet wat julle dink. Ek weet van die planne wat julle teen my smee.

28Julle wil my vertel van ryk en bose mense wie se huise verdwyn het as gevolg van hulle sondes.

29Vra vir die mense wat baie reis. Hulle sal julle die waarheid vertel:

30Bose mense kom nie in moeilikheid nie. Hulle word toegelaat om aan rampe te ontsnap.

31Niemand wys hulle openlik tereg nie. Niemand vergeld hulle vir hulle wandade nie.

32Op pad na hulle graf staan ’n lang erewag.

33Al wat leef, kom na hulle begrafnis om respek te betoon terwyl hulle rustig lê onder die grond.

34“Hoe kan julle my vertroos met leë woorde? Al julle redenasies is vals!”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 21.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.