Job 18NLV

1Bildad die Suagiet het Job geantwoord:

2“Wanneer gaan jy ophou om so te praat? Praat met insig, dan sal ons jou antwoord.

3Dink jy ons is soos diere? Dink jy ons is baie dom?

4Jy pluk jou hare uit in woede. Dink jy die aarde sal tot niet gaan ter wille van jou, en ’n rots van die kranse afval?

5“Die waarheid is: Die lig van die kwaaddoener sal gedoof word. Hulle vuur se vlam brand nie lank nie.

6Die lig in hulle tent verduister. Die lamp sal skielik doodwaai.

7Die vaste tred van die kwaaddoener sal wankel. Hulle eie planne sal hulle ondergang wees.

8Hulle sal val in ’n vangnet voor hulle voete, hulle sal vasval in ’n net.

9Hulle struikel oor ’n strik. ’n Strop trek vas om hulle.

10’n Vangtou lê begrawe in die grond op hulle pad. ’n Tou lê opgerol in hulle pad.

11Gevaar omring die kwaaddoener en elke tree is gevaarlik.

12Honger maak hulle swak. Rampe wag vir hulle.

13Siekte vreet aan sy vel. Die ergste dood verorber sy bene.

14Hulle word weggesleep uit ’n veilige huis en hulle buig voor die koning van verskrikking.

15Die huis van die kwaaddoeners sal verbrand word, en oor alles wat hulle het, sal swael gestrooi word.

16Hulle wortels verdroog en hulle blare verwelk.

17Alles wat herinner aan hulle bestaan, sal verdwyn van die aarde. Niemand sal hulle name onthou nie.

18Hulle sal uit die lig in die duisternis gegooi word, uitgedryf uit die wêreld.

19Geen kind of kleinkind, of enige naasbestaande, sal in hulle land oorleef nie.

20In die weste is mense geskok oor hulle lot. In die ooste is almal met afgryse gevul.

21Hulle sal sê: ‘Dit was die huis van ’n bose mens, die plek van iemand wat deur God verwerp is.’”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 18.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.