Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 16

:
Afrikaans - NLV
1 Job het weer gepraat:
2 “Ek het dit alles al vantevore gehoor! Wat ’n hopelose klomp troosters is julle nie!
3 Gaan julle nooit ophou met julle dwase gepraat nie? Wat dryf julle dat julle so eindeloos aanhou praat?
4 Ek sou dieselfde as julle kon as julle in my plek was. Ek kon ook my kritiek oor julle giet en my kop vir julle skud.
5 Nee, dis nie wat ek sou doen nie. Ek sou eerder iets wat julle kon bemoedig. Ek sou probeer om julle hartseer te verlig.
6 “Maar soos dit nou is, bly my pyn, hoe ek ook al myself probeer verdedig. Dit help ook nie as ek weier om te praat nie.
7 O God, U het my gedaan gemaak. U het my hele familie uitgeroei.
8 U het my krag verminder as bewys van my sonde. U het my vel en been gemaak en dit getuig teen my.
9 God val my aan. Hy vernietig my liggaam. Hy kners sy tande teen my en deurboor my met sy oë.
10 Mense spot en lag vir my. Hulle klap my in my gesig. ’n Gespuis versamel teen my.
11 God het my oorgegee aan sondaars. Hy het my gegooi in die hande van kwaaddoeners.
12 Ek het rustig geleef, maar toe breek Hy my lewe in stukke. Hy het my aan die nek gegryp en my aan stukke geslaan. Ek het sy teiken geword.
13 Sy boogskutters omring my en sy pyle deurboor my sonder genade. Die grond is deurweek met my bloed.
14 Weer en weer slaan Hy my. Hy storm af op my soos ’n soldaat op sy prooi.
15 “Hier sit ek nou in sak en as. Ek het oorgegee en sit in die stof.
16 My is bloedrooi gehuil. Daar is swart kringe onder my oë.
17 En tog is ek al die tyd onskuldig. My gebed is opreg.
18 “Moenie my bloed verberg nie, o aarde. Laat dit ter wille van my uitskreeu!
19 Selfs nou is my getuie in die hemel. My verdediger is daarbo.
20 My vriende verag my, maar ek stort my trane uit voor God.
21 O, dat iemand ’n middelaar sal wees tussen my en God, soos iemand pleit vir sy vriend.
22 “Want baie min jare wag vir my. Daarna gaan ek op die pad na die plek van waar ek nie sal terugkeer nie.”