Job 16NLV

1Job het weer gepraat:

2“Ek het dit alles al vantevore gehoor! Wat ’n hopelose klomp troosters is julle nie!

3Gaan julle nooit ophou met julle dwase gepraat nie? Wat dryf julle dat julle so eindeloos aanhou praat?

4Ek sou dieselfde as julle kon sê as julle in my plek was. Ek kon ook my kritiek oor julle giet en my kop vir julle skud.

5Nee, dis nie wat ek sou doen nie. Ek sou eerder iets sê wat julle kon bemoedig. Ek sou probeer om julle hartseer te verlig.

6“Maar soos dit nou is, bly my pyn, hoe ek ook al myself probeer verdedig. Dit help ook nie as ek weier om te praat nie.

7O God, U het my gedaan gemaak. U het my hele familie uitgeroei.

8U het my krag verminder as bewys van my sonde. U het my vel en been gemaak en dit getuig teen my.

9God val my aan. Hy vernietig my liggaam. Hy kners sy tande teen my en deurboor my met sy oë.

10Mense spot en lag vir my. Hulle klap my in my gesig. ’n Gespuis versamel teen my.

11God het my oorgegee aan sondaars. Hy het my gegooi in die hande van kwaaddoeners.

12Ek het rustig geleef, maar toe breek Hy my lewe in stukke. Hy het my aan die nek gegryp en my aan stukke geslaan. Ek het sy teiken geword.

13Sy boogskutters omring my en sy pyle deurboor my sonder genade. Die grond is deurweek met my bloed.

14Weer en weer slaan Hy my. Hy storm af op my soos ’n soldaat op sy prooi.

15“Hier sit ek nou in sak en as. Ek het oorgegee en sit in die stof.

16My oë is bloedrooi gehuil. Daar is swart kringe onder my oë.

17En tog is ek al die tyd onskuldig. My gebed is opreg.

18“Moenie my bloed verberg nie, o aarde. Laat dit ter wille van my uitskreeu!

19Selfs nou is my getuie in die hemel. My verdediger is daarbo.

20My vriende verag my, maar ek stort my trane uit voor God.

21O, dat iemand ’n middelaar sal wees tussen my en God, soos iemand pleit vir sy vriend.

22“Want baie min jare wag vir my. Daarna gaan ek op die pad na die plek van waar ek nie sal terugkeer nie.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 16.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.