Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 14

:
Afrikaans - NLV
1 “Hoe broos is die mens! Hoe kort is sy lewe! Hoe vol moeite!
2 Soos ’n blom bloei dit vir ’n oomblik en verwelk. Soos die skadu van ’n drywende wolk, so verdwyn dit.
3 Moet U so ’n brose wese in die oog hou en verantwoording van my eis?
4 Wie kan reinheid skep in iemand wat onrein gebore is? Niemand nie!
5 U het besluit oor die lengte van ons lewe. U bepaal hoeveel maande ons sal leef, en nie ’n minuut langer nie.
6 Gee ons tog net ’n bietjie rus. Kyk tog weg van ons, want ons is soos gehuurdes wat ’n taak moet afhandel.
7 “Selfs ’n boom het hoop. As dit afgekap is, sal dit weer groei en nuwe takke uitspruit.
8 Al was sy wortels al oud op die grond en die stam dood in die stof,
9 met die geur van water kan dit weer bloei en lote laat uitspruit soos ’n jong boom.
10 Maar wanneer mense sterf, verloor hulle alle krag. Hulle blaas hulle asem uit, en waar is hulle dan?
11 Soos water verdamp uit ’n meer, en ’n rivier verdwyn in droogte,
12 so gaan die mens wanneer hy sterf en kom nie weer regop nie. Tot die hemele ophou bestaan, sal hulle nie weer wakker word of uit hulle slaap gewek word nie.
13 “Ek wens U wou my wegsteek in ’n graf en van my vergeet totdat u woede verby is. Maar merk my op u kalender om my weer te onthou!
14 Wanneer sterflikes sterf, kan hulle weer lewe? Dié gedagte sal my hoop gee, en deur my worsteling sal ek gretig wag op die vrylating.
15 U sal roep en ek sal antwoord. U sal verlang na my, u handewerk.
16 Dan sal U my voetstappe tel, in plaas daarvan om te kyk vir my sondes.
17 My sondes sal verseël wees in ’n sak en U sal my oortredings bedek.
18 Maar soos berge tuimel en verkrummel, en ’n rots van sy plek val,
19 soos water rotse verweer en ’n vloed grond wegspoel, so vernietig U mense se hoop.
20 U oorweldig hulle altyd, en hulle verdwyn van die toneel. U verander hulle voorkoms en stuur hulle weg.
21 Hulle weet nooit of hulle seuns grootword in eer of wegsink in nietigheid nie.
22 Hulle word verteer deur hulle eie pyn en treur oor hulleself.”