Job 14NLV

1“Hoe broos is die mens! Hoe kort is sy lewe! Hoe vol moeite!

2Soos ’n blom bloei dit vir ’n oomblik en verwelk. Soos die skadu van ’n drywende wolk, so verdwyn dit.

3Moet U so ’n brose wese in die oog hou en verantwoording van my eis?

4Wie kan reinheid skep in iemand wat onrein gebore is? Niemand nie!

5U het besluit oor die lengte van ons lewe. U bepaal hoeveel maande ons sal leef, en nie ’n minuut langer nie.

6Gee ons tog net ’n bietjie rus. Kyk tog weg van ons, want ons is soos gehuurdes wat ’n taak moet afhandel.

7“Selfs ’n boom het hoop. As dit afgekap is, sal dit weer groei en nuwe takke uitspruit.

8Al was sy wortels al oud op die grond en die stam dood in die stof,

9met die geur van water kan dit weer bloei en lote laat uitspruit soos ’n jong boom.

10Maar wanneer mense sterf, verloor hulle alle krag. Hulle blaas hulle asem uit, en waar is hulle dan?

11Soos water verdamp uit ’n meer, en ’n rivier verdwyn in droogte,

12so gaan lê die mens wanneer hy sterf en kom nie weer regop nie. Tot die hemele ophou bestaan, sal hulle nie weer wakker word of uit hulle slaap gewek word nie.

13“Ek wens U wou my wegsteek in ’n graf en van my vergeet totdat u woede verby is. Maar merk my op u kalender om my weer te onthou!

14Wanneer sterflikes sterf, kan hulle weer lewe? Dié gedagte sal my hoop gee, en deur my worsteling sal ek gretig wag op die vrylating.

15U sal roep en ek sal antwoord. U sal verlang na my, u handewerk.

16Dan sal U my voetstappe tel, in plaas daarvan om te kyk vir my sondes.

17My sondes sal verseël wees in ’n sak en U sal my oortredings bedek.

18Maar soos berge tuimel en verkrummel, en ’n rots van sy plek val,

19soos water rotse verweer en ’n vloed grond wegspoel, so vernietig U mense se hoop.

20U oorweldig hulle altyd, en hulle verdwyn van die toneel. U verander hulle voorkoms en stuur hulle weg.

21Hulle weet nooit of hulle seuns grootword in eer of wegsink in nietigheid nie.

22Hulle word verteer deur hulle eie pyn en treur oor hulleself.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 14.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.