Isaiah 46NLV

1Die afgodsbeelde van Babel, Bel en Nebo, word weggery op waens. Osse sleep hulle weg. Die arme diere steier onder die swaar vrag.

2Die afgodsbeelde en diere wat hulle wegsleep, sak inmekaar. Die gode kan die mense nie beskerm nie. Maar die mense kan ook nie die gode beskerm nie. Saam gaan hulle in ballingskap.

3“Luister na My, nageslag van Jakob, oorblyfsel uit die nageslag van Israel. Ek het voor geboorte vir julle gesorg en julle kleintyd vasgehou.

4Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red.

5“Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk?

6Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld.

7Hulle dra die beeld op hulle skouers na ’n ander plek. Hulle sit dit daar neer, en daar staan dit! Dit kan glad nie vanself beweeg nie. Wanneer iemand roep, is daar geen antwoord nie. Dit kan niemand red uit sy nood nie.

8“Onthou dit, neem dit ter harte, julle opstandiges.

9Dink aan wat lank gelede gebeur het. Ek is God. Daar is geen ander nie. Ek is God. Niemand is soos Ek nie.

10Ek maak bekend wat gaan gebeur nog voor dit gebeur. Wat Ek besluit, voer Ek uit. Wat Ek wil, doen Ek.

11Uit die ooste roep Ek ’n roofvoël, ’n man uit ’n ver land, wat my opdrag sal uitvoer. Wat Ek gesê het, sal Ek laat gebeur. Wat Ek beplan, dit sal Ek doen.

12Luister na My, julle opstandiges, julle wat nie reg doen nie.

13Ek staan reg om te doen wat reg is. Dis nie ver nie. Die redding wat Ek bring, sal nie lank wegbly nie. Ek bring redding vir Sion, my heerlikheid na Israel.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 46.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.