Ecclesiastes 6NLV

1Ek het onder die son ’n verkeerde ding gesien wat swaar op ’n mens druk:

2God gee aan mense rykdom, besittings en eer. Hy gee hulle alles wat hulle ooit nodig kan hê. Maar God laat hulle nie toe om dit te geniet nie. ’n Vreemdeling sal dit geniet. Ook dít is sinloos, soos verterende kwaad!

3’n Man kan honderd kinders hê en baie oud word, maar maak nie saak hoe lank hy lewe nie, as hy nie sy welvaart kan geniet en ’n goeie begrafnis kry nie, dan is ’n doodgebore baba beter daaraan toe as hy.

4So ’n baba kom op ’n sinlose manier, gaan weer weg in donkerheid en sy naam word deur duisternis bedek.

5Alhoewel hy nooit die son sien nie en niks daarvan weet nie, is hy tog beter daaraan toe as daardie ander persoon.

6Hy kan dalk twee maal duisend jaar lewe, maar die goeie van die lewe sal hy nie geniet nie. Gaan al twee nie na dieselfde plek toe nie?

7Al die mens se moeite is vir sy mond, maar hy kry nooit genoeg nie.

8Watter voordeel het die man van wysheid bo die dwaas? Watter voordele het die arme wat weet hoe hy hom moet gedra tussen mense wat nog lewe?

9Wat ’n mens se oë kan sien, is beter as ’n swerwende begeerte. Ook dit is dus sinloos, ’n blote gejaag na wind.

10Wat ook al gebeur het, is vooraf bepaal. Dis bekend wat die mens is. Hy kan nie ’n regstryd voer met die Een wat sterker is as hy nie.

11Hoe meer woorde, hoe meer is alles sinloos. Wat baat dit enige mens?

12Wie weet wat goed is vir die mens in die lewe, in die klompie sinlose dae wat hy soos ’n skaduwee deurbring? Wie kan vir ’n mens sê wat ná hom onder die son sal gebeur?

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Ecclesiastes 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.