Colossians 2NLV

1Ek wil hê julle moet weet hoe hard ek stry — vir julle, vir die gelowiges in Laodisea en vir al die ander gelowi­ges wat my nog nie persoonlik ont­moet het nie.

2Dit is my doel dat hulle moed sal skep en deur liefde aan mekaar verbind sal wees. Ek wil hê dat hulle insig skat­ryk en oor­vloedig sal wees, ja, dat hul­le God se ge­heim heelte­mal moet ken, naamlik: Christus.

3In die een­heids­band met Christus is al die ge­hei­me skat­te van wysheid en kennis te vind.

4Ek skryf dit vir julle sodat niemand julle met mooi­praatjies om die bos kan lei nie.

5Al is ek nie persoonlik teenwoordig nie, is ek in die gees by julle. Ek is bly om te sien hoe ordelik julle is en hoe vas julle geloof in Jesus Christus is.

6Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is.

7Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle ge­leer is, en loop oor van dankbaarheid.

8Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleep­tou neem met ’n leë, mis­lei­den­de filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie.

9Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teen­woor­dig.

10En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid — Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.

11Omdat julle één is met Christus is jul­le ook be­sny, nie met ’n besnydenis deur men­se nie, maar met die besnydenis van Christus. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige geaardheid.

12Toe julle gedoop is, is julle saam met Chris­tus begrawe. Omdat julle één is met Hom is julle ook saam met Hom opgewek. Julle geloof in die krag van God het dit moontlik gemaak — hierdie selfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het!

13Julle was eintlik dood omdat julle ge­sondig het en omdat julle sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Chris­tus lewendig gemaak. Hy het ons al ons sondes vergewe.

14Hy het die do­kument met voorskrifte wat as klag­staat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker.

15So het Hy die re­geer­ders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik ge­maak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.

16Moet dus nie toelaat dat enigie­mand julle ver­oor­deel oor wat julle eet of drink, of oor die vier van sekere fees­dae of die Nuwemaanfees of Sabbat­te nie.

17Al hier­die dinge is net ’n skaduwee van wat sou kom. Die ware werklikheid is Chris­tus!

18Laat niemand wat aandring op selfver­ne­de­ring en en­gel­verering — en dit met ’n be­roep op visioene! — julle op sleeptou neem nie. Verniet dink hierdie mense, ti­pies van hulle sondige geaardheid, baie van hulleself.

19Hulle is nie aan die hoof ver­bind uit wie die hele liggaam groei nie. Vanuit die hoof groei die hele liggaam, on­der­steun en saamgebind deur gewrigte en spiere. Gód laat dit groei!

20Aangesien julle, deur saam met Chris­tus te sterf, die bose wêreldse mag­te af­ge­sterf het, waarom leef julle nog vol­gens wê­reldse voorskrifte soos:

21“moenie vat nie”, “moenie dit eet nie” en “moe­nie aan­raak nie”?

22Dit is alles dinge wat ver­bruik word en vergaan — soos dit gaan met mens­ge­maak­te voorskrifte en leringe.

23Met hul­le self­uitgedinkte godsdienstige toe­wy­ding, self­vernedering en streng liggaam­like dis­si­pline het hierdie voorskrifte nogal die re­putasie dat hulle wysheid bevat. Inderwaar­heid is hulle nutteloos vir die beheer van die sondige geaardheid.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Colossians 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.