Psalms 87DB

1Jerusalem, die stad van God, staan op die heilige berg.

2Die Here het Jerusalem baie lief; liewer as enige ander plek.

3Die mense praat met groot lof van jou, o stad van God.

4Die hele wêreld weet van jou: Egipte, Babel, Filistea, Tirus, tot doer ver in Etiopië. Hulle sal van Jerusalem sê: “Daar is ons geboorteplek. Ons behoort nou aan die stad.”

5Hulle sê van Sion: “Daar is ons almal gebore. God, vir wie niks onmoontlik is nie, sorg self vir hierdie stad.

6As die Here deur die lys volke gaan, sal Hy sê: “Hierdie en daardie een is kinders van Jerusalem.”

7As hulle dans en sing, sal hulle bly uitroep: “My lewe begin en eindig in jou, o Jerusalem.”

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 87.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.