Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 87

:
Afrikaans - DB
1 Jerusalem, die stad van God, staan op die heilige berg.
2 Die Here het Jerusalem baie lief; liewer as enige ander plek.
3 Die mense praat met groot lof van jou, o stad van God.
4 Die hele wêreld weet van jou: Egipte, Babel, Filistea, Tirus, tot doer ver in Etiopië. Hulle sal van Jerusalem sê: “Daar is ons geboorteplek. Ons behoort nou aan die stad.”
5 Hulle van Sion: “Daar is ons almal gebore. God, vir wie niks onmoontlik is nie, sorg self vir hierdie stad.
6 As die Here deur die lys volke gaan, sal Hy sê: “Hierdie en daardie een is kinders van Jerusalem.”
7 As hulle dans en sing, sal hulle bly uitroep: “My lewe begin en eindig in jou, o Jerusalem.”