Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 88

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 Here, U is die God wat my help. Elke dag vra ek ernstig dat U my moet help. Ook in die nag hou ek nooit op met bid nie.
3 Wys asseblief dat U my gebed hoor! Ek bid nie tevergeefs nie. Luister na my as ek om hulp smeek!
4 Ek is siek en sat daarvan om swaar te kry. Dis net te veel vir my. Die dood en loer vir my.
5 Ek is nie meer ver van doodgaan af nie. Mense dink dat ek klaar dood is. Ek het nie meer krag oor nie.
6 Ek voel soos ’n dooie, soos iemand wat in die oorlog vir dood laat is. Dit lyk of U niks meer vir so iemand omgee nie. Dit lyk of U u hand teruggetrek het.
7 U het my in hartseer en ellende gedompel. Dit voel of ek in ’n diep donker put lê.
8 U is kwaad vir my. As ek wil opstaan, slaan U my plat soos ’n brander wat jou van jou voete afvee.
9 U maak dat hulle wat vir my lief is, nie naby my wil kom nie; hulle vermy my asof ek ’n verskriklike siekte het. Ek kan nie opstaan nie. Ek kan nie wegvlug nie. Ek voel so vasgekeer soos iemand wat in die tronk toegesluit is; ek kan niks doen nie.
10 Ek sien geen uitkomkans nie. Ek het geen hoop meer nie, my probleme is te groot. Here, ek bid dwarsdeur die dag baie ernstig tot U. Ek vra baie mooi dat U my moet help.
11 U kan tog nie met mense wat klaar dood is wonderwerke doen nie! U kan nie dooies weer lewendig maak sodat hulle U kan prys nie!
12 Dooie mense kan nie van die goeie dinge vertel wat U gedoen het nie. Mense wat in die graf lê, ervaar tog nie dat U hulle liefhet nie.
13 Tussen die dooies weet niemand meer dat U wonders doen nie. Dit is of hulle alles vergeet. U red hulle nie daar nie.
14 Maar Here, ek bid ernstig dat U my moet help. Ek begin al vroeg in die môre bid.
15 Here, waarom stoot U my weg? Waarom help U my nie? Waarom kyk U weg?
16 Van jongs af kry ek al swaar. U maak my aanhoudend bang. Ek weet nie meer wat om te doen nie.
17 U het met u woede op my afgekom. Dit maak my baie bang. U vernietig my lewe.
18 Dit voel of my kop onder die water gedruk word. My moeilikheid omsingel my.
19 U laat almal wat vir my omgee, die rug vir my keer. Hulle gaan staan ver weg van my. My enigste geselskap is die donker skaduwees van die dood.