Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 76

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 Almal in Juda ken God. Vir die mense in Israel is Hy baie belangrik.
3 Hy bly in die tempel in Jerusalem. Sy woonplek is op Sionsberg.
4 Daar het Hy al die oorlogswapens opgefrommel. Hy het die oorlog gewen.
5 Waarmee kan ek U vergelyk? U is groter en magtiger as die hoogste berge.
6 U het die vyand oorwin sonder dat hulle ’n vinger kon verroer. Hulle is in hulle slaap oorval. Hulle is heeltemal verslaan. Nie een van hulle kon iets daaraan doen nie.
7 As U praat, o God van Israel, steek perde met ruiters en al viervoet vas.
8 Geen wonder mense het soveel respek en ontsag vir U nie. As U kwaad raak, wie sal dan nie skrik nie? Wie kan dan waag om voor U regop te staan?
9 U het u vyande uit die hemel uit op hulle plek gesit. U het gesê wat U van hulle dink. Die mense op aarde kon maar net stilbly en bewend toekyk
10 hoe God die kwaaddoeners kom oordeel het, en die mense wat swaarkry sonder iemand wat hulle kon red, kom help het.
11 U grootheid kan ook gesien word in die manier waarop U mense straf. Straf is ook ’n instrument in u diens.
12 Doen wat julle die Here beloof het. Almal wat naby Hom is, moet vir Hom geskenke van dankbaarheid bring. Alle mense op aarde moet vir die Een wat gedien moet word, geskenke bring.
13 Die regeerders van hierdie wêreld is niks voor Hom nie. Hy breek sommerso hulle mag. Hulle staan maar net in ontsag voor sy grootheid.