Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 75

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 Ons vir U uit ons hart uit dankie, o God. Ons loof U, want U is by ons. Oral vertel mense van die wonderlike dinge wat U gedoen het.
3 “Op die regte tyd sal Ek mense regverdig oordeel,” God.
4 “As alles op aarde en tussen die mense deurmekaarloop, is Ek die Een wat sal sorg dat alles nie uitmekaarval nie.
5 “Vir die mense wat te veel van hulleself dink, Ek: Hou op daarmee. Vir slegte mense Ek: Moenie dink julle kan julle teenoor My belangrik hou of kanse waag nie.”
6 Hou op om so vol van julleself te wees en maak of julle groter is as die Een wat in die hemel bly. Hou op om julle teen Hom te verset.
7 Niemand in die hele wêreld kan wie regtig belangrik is en wie nie.
8 God alleen kan dit doen, want Hy is die regter. Hy tel mense op, en Hy gooi hulle teen die grond. Net Hy besluit daaroor.
9 Die Here het ’n beker vol wyn en giftige speserye in sy hand; dit is soos sy woede en straf is. Mense wat hulle nie aan die Here steur nie, sal die beker heeltemal leeg moet drink, elke druppel.
10 Ek sal altyd vir almal van God vertel. Ek sal liedere sing om die God van Jakob mee te prys.
11 God sê: “Die slegte mense se mag gaan Ek breek. Die goeie mense gaan Ek nog sterker maak.”