Psalms 67DB

1***

2Mag God sy hart vir ons oopmaak en vir ons voorspoed gee. Mag Hy self kom om ons te red.

3Almal op aarde moet sien hoe groot en goed U is. Volke wat U nie ken nie, moet besef dat U mense red.

4God, al die volke moet U prys. Hulle almal moet u Naam saam prys.

5Volke wat U nie ken nie, sal bly wees en juig omdat U regverdig teenoor hulle optree. U heers oor al die volke op aarde. En U lei alle mense.

6God, al die volke moet U prys. Hulle almal moet u Naam saam grootmaak.

7Op die landerye staan daar goeie oeste. God is ons God. Hy gee vir ons voorspoed.

8God gee vir ons voorspoed. Mense uit alle uithoeke van die aarde moet dit sien. Dan sal hulle Hom eer.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 67.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.