Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 67

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 Mag God sy hart vir ons oopmaak en vir ons voorspoed gee. Mag Hy self kom om ons te red.
3 Almal op aarde moet sien hoe groot en goed U is. Volke wat U nie ken nie, moet besef dat U mense red.
4 God, al die volke moet U prys. Hulle almal moet u Naam saam prys.
5 Volke wat U nie ken nie, sal bly wees en juig omdat U regverdig teenoor hulle optree. U heers oor al die volke op aarde. En U lei alle mense.
6 God, al die volke moet U prys. Hulle almal moet u Naam saam grootmaak.
7 Op die landerye staan daar goeie oeste. God is ons God. Hy gee vir ons voorspoed.
8 God gee vir ons voorspoed. Mense uit alle uithoeke van die aarde moet dit sien. Dan sal hulle Hom eer.