Psalms 63DB

1***

2God, U is my God! Ek soek U! Ek verlang na U soos iemand wat baie dors is. Met alles wat ek het, begeer ek om by U te wees. Soos iemand wat water in die woestyn soek, soek ek na U.

3Ek verlang met my hele wese om U te aanbid. Ek wil u krag en u grootheid beleef.

4Dit is beter om u groot liefde te ervaar as om baie oud te word sonder U. Ek loof U daarvoor.

5Ek sal U met my hele lewe prys. Ek sal my hande in die lug steek om U groot te maak.

6Om U te prys maak my lewe vol en ryk. Ek loof U vir die goeie geskenke wat U vir my gee. Ek is bly oor U.

7Ek sal u Naam vrolik besing as ek gaan slaap of as ek in die nag oor U dink.

8U het my gehelp. U beskerm my en ek is baie bly daaroor.

9Met alles binne-in my wil ek aan U vashou. U dra my deur die lewe.

10Almal wat my wil doodmaak, sal in die aarde wegsink. Hulle soek hulle eie dood.

11Hulle sal in ’n geveg omkom, en niks sal van hulle oorbly nie.

12Die regeerder sal bly wees oor God. Elkeen wat erken dat die Here God is, sal sy Naam grootmaak. En almal wat op God vertrou, sal ook bly wees. Maar Hy sal almal wat loop en lieg se monde stilmaak.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 63.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.