Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 63

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 God, U is my God! Ek soek U! Ek verlang na U soos iemand wat baie dors is. Met alles wat ek het, begeer ek om by U te wees. Soos iemand wat water in die woestyn soek, soek ek na U.
3 Ek verlang met my hele wese om U te aanbid. Ek wil u krag en u grootheid beleef.
4 Dit is beter om u groot liefde te ervaar as om baie oud te word sonder U. Ek loof U daarvoor.
5 Ek sal U met my hele lewe prys. Ek sal my hande in die lug steek om U groot te maak.
6 Om U te prys maak my lewe vol en ryk. Ek loof U vir die goeie geskenke wat U vir my gee. Ek is bly oor U.
7 Ek sal u Naam vrolik besing as ek gaan slaap of as ek in die nag oor U dink.
8 U het my gehelp. U beskerm my en ek is baie bly daaroor.
9 Met alles binne-in my wil ek aan U vashou. U dra my deur die lewe.
10 Almal wat my wil doodmaak, sal in die aarde wegsink. Hulle soek hulle eie dood.
11 Hulle sal in ’n geveg omkom, en niks sal van hulle oorbly nie.
12 Die regeerder sal bly wees oor God. Elkeen wat erken dat die Here God is, sal sy Naam grootmaak. En almal wat op God vertrou, sal ook bly wees. Maar Hy sal almal wat loop en lieg se monde stilmaak.