Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 64

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 God, help my asseblief as ek oor my probleme bid. Beskerm my sodat ek nie bang word vir mense wat my kwaad wil aandoen nie.
3 Pas my so goed op dat die planne wat bose mense teen my maak, nie uitwerk nie. Keer dat daardie kwaaddoeners se gekonkel my ontstel.
4 Met hulle skerp tonge vernietig hulle mense se lewens. Hulle woorde is soos giftige pyle wat mense tref.
5 Sonder dat die onskuldige mens dit verwag, loop hulle hom onderstebo. Uit die bloute skiet hulle hom.
6 Hulle konkel agteraf om mense tot ’n val te bring. Hulle dink niemand sal hulle raaksien nie.
7 Hulle beplan om ewe skelm allerhande dinge te doen. Hulle dink hulle bose planne is fyn uitgewerk. Hulle hou alles ’n groot geheim.
8 God sal vinnig met daardie kwaaddoeners afreken. Sonder dat hulle dit verwag, sal Hy hulle terugkry vir wat hulle gedoen het.
9 Hulle slegte planne bring hulle tot ’n val. Mense wat hulle sien, sal bly wees.
10 Dan sal almal vir God groot respek oor wat Hy gedoen het. Hulle sal raaksien wat Hy doen.
11 Almal wat die Here dien, sal bly wees omdat hulle Hom dien. Laat hulle by Hom wegkruip. Laat almal wat die Here liefhet, Hom prys.