Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 62

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 Ek is rustig wanneer ek by die Here is. Dit is Hy wat my elke keer red as ek in die moeilikheid beland.
3 By Hom alleen is ek veilig. Hy verlos en beskerm my. Al is ek in die moeilikheid, sal niks my ooit onderkry nie.
4 Partykeer vra ek: Hoe lank gaan mense my nog probeer onderkry? Hulle beskuldig my van allerhande dinge. Hulle wil my onderstebo stamp soos ’n lendelam klipmuur sommer omval. Hulle wil my doodmaak.
5 Hulle wil my laat neerslaan. Daardie mense praat agteraf van my. Hulle vertel leuens. Hulle praat mooi woordjies, maar binne-in dink hulle anders. Hulle lewe is vol slegte dinge.
6 Ek het vir myself gesê: Word stil en rustig by die Here. Om by Hom te wees gee vir my hoop. Ek vertrou Hom. Hy beskerm en red my.
7 Hy is soos ’n wegkruipplek waar ek veilig is. Daarom sal niks my onderkry nie.
8 Vir my is dit ’n groot eer om God se hulp te kom vra. Ek kry arms vol krag wanneer ek voor Hom staan met my probleme. Ek soek veiligheid by my God.
9 Kinders van die Here, julle moet altyd op Hom vertrou. Praat julle hart leeg by Hom. God is die Een wat ons sal beskerm, altyd!
10 Hoor nou wat ek sê: mense beteken niks. Op mense kan jy nooit vertrou nie. Hulle is onbetroubaar. As julle hulle weeg, sien jy hulle is niks. Selfs al span hulle kragte saam, beteken hulle minder as niks.
11 Moenie op mense se krag vertrou nie. Om mense te besteel gaan jou nie help nie. Wanneer jy ryk word, oppas dat dit nie jou hart inneem nie.
12 Daar is twee dinge wat vir my baie duidelik geword het:
13 Dis net God wat regtig mag het. ’n Mens kan net op die Here vertrou. Want Hy het ons lief. Here, U beloon elke mens volgens wat hy doen.