Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 61

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 God, luister tog wanneer ek by U hulp kom vra. Luister aandagtig na my as ek bid.
3 Wanneer ek moedeloos en wanhopig is en voel of ek amper dood is, bid ek ernstig. Beskerm my sodat ek nie doodgaan nie.
4 U alleen pas my op. U is soos ’n skuilplek waarheen ’n mens vlug as daar groot gevaar kom. U beskerm my teen my vyande.
5 Ek wil vir altyd by U wees. As U my beskerm, is ek elke dag veilig.
6 God, U weet dat ek belowe het om U te prys. U oorlaai my met goeie dinge. U doen dit vir almal wat U dien.
7 Mag ons aardse heerser lank lewe. Mag mense nog lank oor hom praat.
8 Gee dat hy altyd aan U sal vashou. Ek bid dat U hom sal beskerm omdat U goed en vol liefde is.
9 Dan sal ek altyd liedere sing om U te eer. My belofte om U te eer wil ek elke dag nakom.