Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 130

:
Afrikaans - DB
1 Ek is in groot moeilikheid. Help my asseblief, Here. Moet asseblief nie my probleem miskyk nie.
2 Wys dat U my hulpgeroep hoor.
3 As U die hele tyd mense oor hulle sondes moes verwyt, sou niemand meer kon lewe nie.
4 Gelukkig vergewe U ons sondes. Daarom kyk mense op na U en dien hulle U.
5 Ek vertrou op die Here. Met my hele lewe vertrou ek op Hom. Ek hou vas aan alles wat Hy beloof het. Ek glo Hy sal doen wat Hy belowe het.
6 Ek hou vas aan die Here, meer as wat ’n kleintjie aan sy ma vasklou. Ek sal U nooit los nie.
7 Julle wat die Here liefhet, moet in Hom bly glo, want Hy het sy kinders lief. Hy vergewe hulle weer en weer.
8 Hy sal al die dinge vergewe wat sy kinders verkeerd gedoen het.