Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 129

:
Afrikaans - DB
1 U kinders vir hulleself: “Reeds van kleins af is daar mense wat lelik met ons is.
2 Van jongs af het hulle ons baie sleg behandel, maar hulle kan ons nie onderkry nie.
3 Hulle het ons so geslaan dat dit gelyk het of ’n ploeg slote oor ons lyf oopgekrap het.
4 Maar die Here tree reg op. Hy het ons gered van daardie mense wat Hom nie dien nie.”
5 Here, mag almal wat U en u kinders nie liefhet nie, skaam word en padgee.
6 Laat hulle verdwyn soos ’n grashalm wat in die son verskroei nog voor dit mooi opgekom het.
7 ’n Mens trek dit uit en gooi dit weg. Dit is nie eens genoeg om jou hand vol te maak nie.
8 As iemand by hulle verbyloop, sal hy nie eens sê: “Mag die Here goed wees vir julle” nie.