Psalms 129DB

1U kinders sê vir hulleself: “Reeds van kleins af is daar mense wat lelik met ons is.

2Van jongs af het hulle ons baie sleg behandel, maar hulle kan ons nie onderkry nie.

3Hulle het ons so geslaan dat dit gelyk het of ’n ploeg slote oor ons lyf oopgekrap het.

4Maar die Here tree reg op. Hy het ons gered van daardie mense wat Hom nie dien nie.”

5Here, mag almal wat U en u kinders nie liefhet nie, skaam word en padgee.

6Laat hulle verdwyn soos ’n grashalm wat in die son verskroei nog voor dit mooi opgekom het.

7’n Mens trek dit uit en gooi dit weg. Dit is nie eens genoeg om jou hand vol te maak nie.

8As iemand by hulle verbyloop, sal hy nie eens sê: “Mag die Here goed wees vir julle” nie.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 129.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.