Psalms 128DB

1Hoe gelukkig is jy wat die Here dien en eer, jy wat presies doen wat Hy sê!

2Jou harde werk sal elke dag vir jou ’n goeie oes oplewer. Jy is die gelukkigste mens op aarde, want God sorg dat dit goed gaan met jou.

3Jou huwelik sal een groot vreugde wees en jou kinders jou trots! Jou vrou en kinders sal soos ’n goeie oes op die land wees wat jou baie bly maak.

4Die Here is so ontsettend goed vir jou wat Hom vrees, jy staan in die sonskyn van sy goedheid!

5Mag die Here jou daar van die Sionsberg af oorlaai met sy goedheid, mag jy elke dag sien hoe goed dit gaan met almal wat Hom dien.

6Mag jy so oud word dat jy ook nog jou kinders se kinders kan sien grootword. God gee sy vrede aan almal in Israel!

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 128.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.