Psalms 122DB

1Ek was baie bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”

2Nou staan ons hier binne-in jou, o Jerusalem.

3Jerusalem is goed gebou.

4Dit is waarheen al die kinders van God kom om vir Hom baie dankie te sê. Dit is wat Hy van hulle verwag.

5Hier word besluit wat reg of verkeerd is. Hier word die hofsake deur die nageslag van koning Dawid verhoor.

6Bid vir vrede in Jerusalem: Mag almal wat Jerusalem liefhet, gelukkig daar woon.

7Mag vrede die stad omvou sodat mense daar veilig mag voel.

8Ter wille van almal wat ek daar ken, bid ek: “Vrede!”

9Omdat die huis van die Here in Jerusalem staan, wens ek julle net die beste toe.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 122.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.