Psalms 121DB

1Ek soek oral rondom my na iemand om my te help. Ek wonder dan: “Wie sal my nou regtig help?”

2Die Here sal my help. Hy het alles in die wêreld gemaak.

3Jy sal niks oorkom nie. God pas jou op. Hy sal nie aan die slaap raak as Hy jou moet oppas nie.

4Hy pas al sy kinders op. Hy slaap nooit. Daarom sal Hy nie vergeet om jou te help nie.

5Die Here is jou oppasser. Hy sal altyd by jou wees.

6Niks of niemand kan jou kwaad aandoen nie, al is hy hoe sterk. God pas jou elke dag op teen allerhande moeilikhede en probleme. Hy sal jou lewe mooi oppas.

7Die Here sal jou oppas waar jy ook al is: by die huis, by die werk of miskien êrens op pad.

8Hy sal jou altyd help, of jy kom en of jy gaan, nou en in die toekoms.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 121.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.