Psalms 120DB

1Toe ek in baie groot moeilikheid was, het ek tot die Here gebid. Hy het na my geluister en my gehelp.

2Here, beskerm my asseblief teen mense wat lieg en bedrieg.

3Bedrieërs, as julle maar weet wat die Here aan julle gaan doen.

4Julle sal voel soos iemand wat met ’n klomp pyle geskiet is. Dit sal voel of julle op ’n klomp brandende kole lê.

5Dit is vir my baie swaar om tussen mense te bly wat niks van my hou nie. Hulle behandel my soos ’n vloerlap. Dit voel of niemand my wil hê nie en of ek niks mag doen nie.

6Ek kan dit nie meer verdra om tussen mense te wees wat net wil baklei nie.

7Vrede is vir my baie belangrik. As ek egter daaroor begin praat, wil hulle net stry en baklei.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 120.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.