Psalms 101DB

1Ek wil sing van u liefdevolle goedheid en u regverdigheid. Ek wil liedere sing oor hoe groot en belangrik U is.

2Ek wil probeer leef soos U wil hê. Wanneer kom U na my toe? Daar by my huis wil ek so leef dat U daarop trots kan wees.

3Ek wil niks met slegte dinge te doen hê nie. Ek hou ook net mooi niks van al die dinge wat slegte mense doen nie. Daarmee wil ek niks te doen hê nie.

4Van allerhande slegte gedagtes wil ek wegbly, en aan dinge waarvan die Here nie hou nie, wil ek nie eens dink nie.

5Ek kan mense wat skinder, nie verdra nie. Ek wil hulle sommer iets aandoen. ’n Windbol wat te veel van homself dink, wil ek sommer net daar bestraf.

6Ek hou baie van mense wat die Here getrou dien en doen wat reg is. Hulle is meer as welkom by my. Hulle kan vir my werk.

7Iemand wat lieg en bedrieg, moet dit nie eens oorweeg om naby my paleis te kom nie.

8Daar sal nie een dag verbygaan dat ek nie slegte mense die stryd sal aansê nie. Ek sal nie ophou tot hulle almal aan die pen gery het nie.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 101.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.