Psalms 100DB

1Die hele wêreld moet die Here loof en aanbid!

2Dien Hom met vreugde. Gaan na Hom toe. Sing vol blydskap en opgewondenheid.

3Jubel dit uit dat die Here die enigste God is. Die Here het ons gemaak. Elkeen van ons behoort aan Hom: ons is Syne. Ons leef elke dag uit sy hand. Die Here sorg vir ons net soos ’n skaapwagter sy skape versorg. Ons kan nie sonder die Here se goedheid klaarkom nie.

4Dien die Here. Loof Hom veral daar waar die gelowiges bymekaarkom. Sing lofliedere saam met almal wat die Here liefhet. Loof sy Naam. Luister mooi,

5die Here is ’n goeie God! Hy sal ons wat in Hom glo, nooit ophou liefhê nie. Hy is ’n goeie God, nou en vir altyd!

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 100.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.