Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 102

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 Here, help my as ek bid! Luister tog as ek U smeek om my nood te verlig!
3 Moet my nie ignoreer as ek in ’n krisis is nie! Wys dat U my gebed hoor! Gryp in as ek tot U bid!
4 Help my, Here, want my lewe gaan verby soos mis voor die son. My hele liggaam brand soos ’n kool vuur.
5 Daar is geen krag meer in my oor nie. Ek kan nie eens eet nie. My pyn is so erg dat ek aanmekaar kreun van die seer.
6 Ek is net vel en been van pyn.
7 Ek is eensaam; my lewe is soos ’n reuse-ashoop.
8 Ek kan nie meer slaap nie. Ek wag heeldag vir niks.
9 Mense wat niks van my hou nie, lag my uit. Hulle spot met my. Hulle gebruik my naam as ’n vloekwoord.
10 Al waarvan ek leef, is my eie trane.
11 Omdat U vir my kwaad is, laat U my swaarkry. U het my ver van U af weggegooi.
12 My lewe raak al hoe korter; my dae word al hoe minder. Ek is soos gras wat besig is om uit te droog.
13 Here, U heers vir altyd. U is altyd daar.
14 U sal ingryp. U sal Jerusalem weer met u liefde omvou. Dit is nou die tyd om vir u kinders goed te wees. Hulle kry baie swaar.
15 Ons is lief vir die stad waar u woonplek is. Alles in Jerusalem is platgeslaan. Maar U sal dit weer opbou.
16 Dan sal mense wat U nie dien nie, weer respek vir U hê. Hulle sal U begin dien. Leiers oor die hele wêreld sal sien dat U God is.
17 Die Here is baie groot. Hy het sy stad weer opgebou!
18 Die Here het mense gehelp wat sy hulp gevra het. Hulle was magteloos, maar die Here het nie sy rug vir hulle gekeer nie.
19 Al hierdie dinge is neergeskryf. Daarom sal die kinders en kleinkinders van ons geslag die Here nog baie lank prys.
20 Almal sal Hom loof omdat Hy uit die hemel vir sy kinders gesorg het. Hy het gesien wat met hulle gebeur.
21 Hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle moet help. Hulle was in groot moeilikheid. Die Here het hulle toe gehelp.
22 Hulle sal vir almal van Hom vertel. Oral waar mense Hom aanbid, sal die Here geprys word.
23 Wanneer al die leiers en mense bymekaarkom om die Here te dien, sal sy kinders oor sy grootheid praat.
24 Die Here het my krag weggevat. Hy het my lewe korter gemaak toe ek nog jonk was.
25 Daarom het ek vir Hom gesê: “My God, ek wil nie so jonk doodgaan nie. Vir U is dit geen probleem nie. U is altyd daar!
26 In die begin het U die aarde gevorm. Ook die hemel het U self gemaak.
27 Uiteindelik sal hemel en aarde verdwyn. Maar U sal nog steeds daar wees! Ja, al hierdie dinge sal ophou bestaan. Dit is soos klere wat ’n mens stukkend dra. Dit sal vergaan. U sal dit laat verdwyn.
28 Maar U is altyd daar. U jare kan nie in tyd gemeet word nie. U het geen begin of einde nie.”
29 Ons kinders sal hier bly. Ons kleinkinders sal in die land bly woon. U sal hulle almal beskerm.