Psalms 87AFR83

1Van die Koragiete. 'n Psalm. 'n Lied. Die fondament van Sion is die heilige berg.

2Die Here het vir Sion lief meer as enige ander plek in Jakob.

3 Daar word groot dinge van jou gesê, stad van God: Sela

4“Ek reken onder dié wat my ken ook die mense van Egipte en Babel, selfs dié van Filistea, Tirus en Kus. Hulle het almal kinders van Sion geword.”

5Daarom word van Sion gesê: “Daar is hulle man vir man gebore; die Allerhoogste hou Sion in stand.”

6As die Here die name van die volke aanteken, sal Hy by elkeen skrywe: “Hierdie een is ook 'n kind van Sion.” Sela

7Met sang en dans sal almal Sion prys.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 87.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.