Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 87

:
Afrikaans - AFR83
1 Van die Koragiete. 'n Psalm. 'n Lied. Die fondament van Sion is die heilige berg.
2 Die Here het vir Sion lief meer as enige ander plek in Jakob.
3 Daar word groot dinge van jou gesê, stad van God: Sela
4 “Ek reken onder dié wat my ken ook die mense van Egipte en Babel, selfs dié van Filistea, Tirus en Kus. Hulle het almal kinders van Sion geword.”
5 Daarom word van Sion gesê: “Daar is hulle man vir man gebore; die Allerhoogste hou Sion in stand.”
6 As die Here die name van die volke aanteken, sal Hy by elkeen skrywe: “Hierdie een is ook 'n kind van Sion.” Sela
7 Met sang en dans sal almal Sion prys.