Psalms 86AFR83

1'n Gebed van Dawid. Luister tog na my, Here, verhoor my gebed, want ek is hulpeloos en arm.

2Beskerm my, want ek is u troue dienaar, red my, want U is my God, op U vertrou ek.

3Wees my genadig, Here, ek roep die hele dag deur na U.

4Maak my bly, Here, ek hunker na U.

5U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.

6Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed.

7Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.

8Daar is geen god soos U nie, Here, niks kan met u werk vergelyk word nie.

9U het al die nasies gemaak; hulle sal voor U kom buig, Here, en aan u Naam die eer gee,

10want U is groot en doen magtige dade, U alleen is God.

11Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien.

12Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer,

13want u liefde vir my was groot: uit die dieptes van die dood het U my gered.

14Dit is hovaardige mense wat my aanval, o God, 'n bende geweldenaars wat my wil doodmaak, mense wat met U nie rekening hou nie.

15U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.

16Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan, gee U my tog krag en red my.

17Maak my 'n voorbeeld van u goedheid, sodat dié wat my haat, verleë sal moet toesien dat U, Here, my help en vir my uitkoms gee.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 86.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.